Straatligte in Heidelberg word vervang ná druk van AfriForum


Die Lesedi Plaaslike Munisipaliteit het in die afgelope maand 120 stukkende straatligte in hoëmisdaadgebiede in Heidelberg vervang. Dít volg nadat AfriForum vroeër vanjaar ’n wenslys aan die munisipaliteit oorhandig het, insluitend ’n volledige straatligoudit.

“Dit is verblydend om te sien dat die munisipaliteit met AfriForum wil saamwerk om vordering en veiligheid in die gemeenskap te bewerkstellig,” sê dr. Willem Sprong, voorsitter van die AfriForum-tak in Heidelberg.

Raak by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke om sodoende druk op munisipaliteite te plaas: SMS jou naam na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings