|

Strand-tak verleen hulp aan Kays-karavaanpark

AfriForum het op 9 Junie ingespring en hulp verleen aan Kays-karavaanpark in die Strand nadat Joey Lotter van Helpende Hand dié tak gekontak het. Dié karavaanpark het die naweek onder swaar reën en vloede deurgeloop en nog reën word vir die week voorspel.

Die gemeenskap, AfriForum se Strand-tak en Helpende Hand het koppe bymekaargesit om ’n plan te beraam voordat dit weer begin reën het. Die Strand-tak het sowat 1000 sakke geskenk en ’n rol van ongeveer 90 meter se dik plastiek om onder die sandsakke te pak. Helpende Hand het drie vragte sand geskenk en die gemeenskap het gehelp om die sakke op te vul en opmekaar te pak in ’n poging om die inwoners en hul eiendom teen die sterk waterstrome te beskerm.

“Ek wil dankie sê vir die lede van Helpende Hand, AfriForum se Strand-tak, Bertus Malan van BUCO Somerset-Wes vir die enorme afslag en goeie diens, Jean Beyers Kleynhans van JKT Rocks wat die sand verskaf en afgelewer het, en ’n vrag geskenk het asook elke persoon wat kom help het. Dit is hierdie tipe onbaatsugtigheid van ons lede, en die gemeenskap, wat ’n groot verskil maak in ander mense se lewens. AfriForum se Strand-tak ondersteun en help deurgaans die inwoners van Kays-karavaanpark, en die breër gemeenskap waar hulle kan,” sê Jacques Benade, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland.

Maak vandag nog ’n verskil in jou gemeenskap en raak betrokke by jou plaaslike AfriForum-tak, of maak ’n bydrae deur Jacques Benade by 081 217 0008 te skakel .

Soortgelyke plasings