TAKSUKSESSE: JANUARIE & FEBRUARIE 2023

SUIDSTREEK – DESEMBER

WES-KAAP

Cederberg

  • AfriForum het ’n buurtwag in die omgewing gestig.

De Doorns

  • Buurtwaglede het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Taklede het hul hommeltuig ingespan om die SAPD tydens ’n operasie te ondersteun.
  • Die tak het bate-oudits uitgevoer en sodoende sy bates gekontroleer.

Durbanville

  • Taklede het by die plaaslike GPF betrokke geraak en saam patrollies gehou.
  • Die tak het self gras in die woonbuurt gesny maar ook ’n kontrakteur aangestel om daarmee te help.
  • Taklede het die Byekorf-verkeersirkel naby die skool en kinderhuis verfraai.

Helderbergkom

  • Taklede het bate-oudits uitgevoer en sodoende die tak se bates gekontroleer.
  • Die tak se jeugvleuel het aan ’n uitreikaksie deelgeneem wat behels om skryfbehoeftes vir minderbevoorregte leerders aan te koop.

Kaapstad-Noord

  • Die Bellville-buurtwag en Philippi-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Taklede het in samewerking met die SAPD aan patrollies deelgeneem om veiligheid tydens die feesseisoen op te skerp.
  • Die tak het ’n suksesvolle inhegtenisneming uitgevoer en aan opruimingsoperasies deelgeneem. 
  • Taklede het bate-oudits uitgevoer en sodoende die tak se bates gekontroleer.

Kraaifontein

  • Die tak het bate-oudits uitgevoer en sodoende sy bates gekontroleer.

Malmesbury

  • Die Rondeberg-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Rondeberg-buurtwaglede het in samewerking met die SAPD aan patrollies deelgeneem om veiligheid tydens die feesseisoen op te skerp.
  • Die tak het bate-oudits uitgevoer en sodoende sy bates gekontroleer.

Overstrand

  • Die Stanford- en Hemel-en-Aarde-plaaswag, asook die Alfa-, Fisherhaven- en Pearly Beach-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die Overstrand-tak se protospan het talle suksesse met sy hommeltuig behaal. 
  • Overstrand-taklede het bate-oudits uitgevoer en sodoende die tak se bates gekontroleer.

Paarl

  • Taklede het deurlopend patrollies gehou tydens die feesseisoen.

Stellenbosch

  • Taklede het deurlopend patrollies gehou tydens die feesseisoen.
  • Die tak het bate-oudits uitgevoer en sodoende sy bates gekontroleer.

Strand

  • Die tak het deurlopend patrollies gehou tydens die feesseisoen.
  • Taklede het uitreike in die gemeenskap gehou om veral bejaardes en behoeftiges te ondersteun.
  • Die tak het bate-oudits uitgevoer en sodoende sy bates gekontroleer.

Vredendal

  • Die Holrivier-, Koekenaap-, Vredendal-, Spruitdrif-, Lutzville-, Kleinrivier-, Nuwerus- en Trawal-plaaswag, asook die Lutzville- en Vredendal-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • AfriForum het twee nuwe plaaswagte gestig, naamlik op Vanrhynsdorp en Draaihoek.
  • Die tak het bate-oudits uitgevoer en sodoende sy bates gekontroleer.

Weskus

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om sy gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het gereeld bewusmaking onder gemeenskapslede geskep deur middel van kleiner projekte wat in Langebaan van stapel gestuur is.

Worcester

  • Buurtwaglede het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.  
  • Die tak het bate-oudits uitgevoer en sodoende sy bates gekontroleer.

NOORD-KAAP

Kamiesberg

  • Taklede het Kamieskroon se strate skoongemaak en vullis na die vullisterrein weggery.
  • Die tak het water-, krag- en rioolprobleme aan die Kamiesberg Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.

Kakamas

  • Die tak het water-, krag- en rioolprobleme aan die Kai !Garib Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Die tak het 3 x 5 000 liter-watertenks aan die gemeenskap geskenk. Die tenks is aan die Laerskool Kakamas, die ouetehuis in Kakamas en die Laerskool Lutzburg geskenk.
  • Taklede het rivier- en drinkwater getoets en bevind dat die drinkwater nie geskik vir menslike gebruik is nie. Die tak het gevolglik met regsaksie teen die Kai !Garib Plaaslike Munisipaliteit begin.
  • Die tak het die munisipaliteit gepak oor riool wat in die Oranjerivier vloei. Die munisipaliteit het die rioolpompstasie gevolglik herstel.
  • Die tak het ook met die munisipaliteit vergader oor die stand van die dorp se vullisterrein.

Kathu

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om sy gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het die parkeerterrein voor Fit-It gereeld skoongemaak en die bome wat taklede in die parkeerterrein geplant het, met water natgelei.
  • Die tak het water-, krag- en rioolprobleme aan die Kamiesberg Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.

Keimoes

  • Die Grootoog-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om sy gemeenskap te beveilig.
  • Taklede het weekliks die hoofstraat en die gebied rondom die waterwiel (wat tot ’n nasionale monument verklaar is) skoongemaak, vullis na die vullisterrein weggery, gras gesny en beddings skoongemaak.
  • Die tak het die badkamers by die waterwiel wat vir toeriste bedoel is, skoongemaak. Dit is deel van ’n volhoubare projek.

Kuruman

  • Die Kuruman- en Bankhara-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het water-, krag- en rioolprobleme aan die Ga-Segonyana Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Taklede het gehelp om brande in die Kuruman-, Daniëlskuil- en Postmasburg-omgewing onder beheer te bring.

Springbok

  • Die tak het water-, krag- en rioolprobleme aan die Nama-Khoi Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Die tak is deurlopend met die Nama-Khoi Plaaslike Munisipaliteit in gesprek om die plaaslike vullisterrein op standaard te bring.
  • Die tak het net voor Kersfees ’n dringende skrywe aan die Nama-Khoi Plaaslike Munisipaliteit en BloemWater gerig rakende die gehalte van die dorp se drinkwater.

Upington

  • Die tak het water-, krag- en rioolprobleme aan die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Die tak het aan AfriForum se blou-en-groendruppelprojek deelgeneem en watertoetse uitgevoer.
  • Taklede het watermonsters by die rioolwerke geneem en bevind dat daar ’n direkte invloei van riool in die Oranjerivier is.
  • Die tak het net voor Kersfees ’n dringende skrywe aan die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit gerig rakende die gehalte van die dorp se drinkwater.
  • Die tak het daarin geslaag om ’n oorhoofse waarskuwingsbord vir vragmotors op die N14-snelweg en die hoofstraat van Upington te laat oprig.

Williston

  • Die tak het water-, krag- en rioolprobleme aan die Karoo Hoogland Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.

SUIDSTREEK: JANUARIE

WES-KAAP

Cederberg

  •  AfriForum het ’n buurtwag in die omgewing gestig.

De Doorns

  • Buurtwaglede het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Taklede het hul hommeltuig ingespan om die SAPD tydens ’n operasie te ondersteun.

Durbanville

  • Taklede het by die plaaslike GPF betrokke geraak en saam patrollies gehou.
  • Die tak het die Byekorf-verkeersirkel naby die skool en kinderhuis verfraai.

Helderbergkom

  • Taklede het bate-oudits uitgevoer en sodoende die tak se bates gekontroleer.
  • Die tak se jeugvleuel het aan ’n uitreikaksie deelgeneem wat behels om skryfbehoeftes vir minderbevoorregte leerders aan te koop.
  • Taklede het AfriForum Jeug se kongres in Pretoria bygewoon.

Kaapstad-Noord

  • Die Bellville-buurtwag en Philippi-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het ’n suksesvolle inhegtenisneming uitgevoer en aan opruimingsoperasies deelgeneem. 

Malmesbury

  • Die Rondeberg-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

Overstrand

  • Die Stanford- en Hemel-en-Aarde-plaaswag, asook die Alfa-, Fisherhaven- en Pearly Beach-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die Overstrand-tak se protospan het talle suksesse met sy hommeltuig behaal. 

Paarl

  • Taklede het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.   

Stellenbosch

  • Die tak het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Taklede het AfriForum Jeug se kongres in Pretoria bygewoon.

Strand

  • Die tak het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Taklede het uitreike in die gemeenskap gehou om veral bejaardes en behoeftiges te ondersteun.
  • Die tak het gras gesny voor die plaaslike Solidariteit Helpende Hand-tak se kantore.

Vredendal

  • Die Holrivier-, Koekenaap-, Vredendal-, Spruitdrif-, Lutzville-, Kleinrivier-, Nuwerus- en Trawal-plaaswag, asook die Lutzville- en Vredendal-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.

Weskus

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het gereeld bewusmaking onder gemeenskapslede geskep deur middel van kleiner projekte wat in Langebaan van stapel gestuur is.

Worcester

  • Buurtwaglede het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig. 

George

  • Die Geelhoutboom- en Harold-plaaswag, asook die Hoekwil-plotwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.

Hessekwa

  • Die Riversdal-buurtwag en Albertinia-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die Riversdal-buurtwag se protospan het sy hommeltuig ingespan om die SAPD te ondersteun tydens ’n operasie wat behels het om ’n voortvlugtige verdagte op te spoor en in hegtenis te neem.

Kaap Agulhas

  • Taklede is voorbereid om enige uitdagings vanjaar met mening aan te pak.

Knysna

  • Die tak het 2023 afgeskop met ’n goeie beplanningsessie tydens ’n takvergadering.
  • Die tak se omgewingsakeportefeulje het in Sedgefield met die George-tak se omgewingsakeportefeulje vergader om te koördineer rakende die voortsetting van gesamentlike aksies wat in 2022 van stapel gestuur is.

Mosselbaai

  • Die Herbertsdale- en Groter Brandwag-plaaswag, asook die Glentana- en Groot Brak-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het die nuwe jaar met ’n takvergadering afgeskop.
  • Die AfriForum Jeug-tak in Mosselbaai het die Miernes-trofee ontvang as jeugtak wat die meeste aksies gedurende 2022 gehou het. Die tak is ook deel van die Suid-Kaap, wat aangewys is as die beste jeugprovinsie vir 2022.

Oudtshoorn

  • Die Oudtshoorn- en De Rust-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het 2023 met ’n takvergadering afgeskop.
  • Die Oudtshoorn- en De Rust-buurtwag het buurtwagvergaderings gehou om hulself vir die jaar te organiseer.
  • Die tak het een van sy lede gestuur om AfriForum Jeug se kongres in Pretoria by te woon.
  • Taklede het ’n koördineringsvergadering by die Oudtshoorn Plaaslike Munisipaliteit bygewoon wat ten doel gehad het om ’n werksessie te reël waartydens noodplanne vir Oudtshoorn saamgestel sal word.
  • Die jeugtak is deel van die Suid-Kaap, wat aangewys is as die beste jeugprovinsie vir 2022.

Robertson

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

Swellendam

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het ’n reeks vergaderings bygewoon om verhoudings met wetstoepassingsowerhede, die SAPD en ander veiligheidsrolspelers te versterk.
  • Twee artikels oor die buurtwag is in die plaaslike koerant gepubliseer. Albei handel oor die uitsonderlike diens wat buurtwaglede aan hulle gemeenskap lewer.

NOORD-KAAP

Barkly-Wes

  • Geen

Bo-Karoo

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

Kimberley

  • Die Kimberley-buurtwag en Modderrivier-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die buurtwag het met ander buurtwagte en belangstellende partye vergader om beter samewerking te bewerkstellig.

Prieska

  • Geen

Vaalharts

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

OOS-KAAP

Cradock

  • Die tak het met die Inxuba Yethemba Plaaslike Munisipaliteit vergader om hulle te help om oplossings vir waterprobleme in die dorp te vind.
  • Die tak het aan die geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP) vir Cradock deelgeneem.

Gamtoosvallei

  • Die Sondagsriviervallei- en Kirkwood-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die Sondagsriviervallei-buurtwag het ondersteuning gebied ná ’n plaasaanval in die omgewing.

Jeffreysbaai

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Taklede het opleiding ontvang vir die onderskeie toepassings.
  • Die tak het kameras opgerig as deel van hulle kameraprojek.

Kamdeboo

  • Geen

Oos-Londen

  • Die tak het sy beplanning vir die nuwe jaar gedoen.

Port Elizabeth

  • Die Walker Drive- en Broadwood-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het sy beplanning vir die nuwe jaar gedoen.

SENTRAALSTREEK – JANUARIE

NOORDWES

MOOIRIVIER

Klerksdorp

  • Die tak het die ingang na Doringkruin skoon en netjies gemaak.
  • Die buurtwag in Songloed het die munisipaliteit gehelp om straatligte te herstel.

Potchefstroom

  • Die buurtwag het daagliks patrollie gery; 198 aktiewe patrolleerders het 288 patrollies deur die loop van Desember en Januarie gehou. Altesaam 9 210 km is in 1 030 manure afgelê.
  • Die tak het talle plaaslikeregeringsakekwessies met die munisipaliteit bespreek, waaronder rioolprobleme en indringerbome.
  • Die tak het gras in die konsentrasiekampkerkhof en Alexanderpark gesny.
  • Die tak het indringerbome in Alexanderpark afgesaag.

Stilfontein

  • Die tak se plaaslikeregeringsakeverteenwoordiger het voortdurend druk op die munisipaliteit toegepas om oplossings vir probleme in die dorp te vind.

Orkney

  • Die buurtwag het geskenkpakkies tydens Kersfees aan minderbevoorregte kinders uitgedeel.

Wolmaransstad

  • Die tak het die laerskool gehelp om sy atletiekbaan en -veld vir die atletiekseisoen voor te berei.

MARICO

Brits

  • Die tak het ’n gemeenskapsvergadering gehou waartydens sy bestuurspan gereorganiseer is. Gemeenskapslede kon hul insette lewer en lede nomineer wat die tak op die bestuur sal verteenwoordig. Verskeie veiligheidskwessies in die gebied is ook tydens die vergadering bespreek en die bestuur gaan aandag aan hierdie probleme gee.

Hartbeespoort

  • Danksy die spoedige ingryping van die tak se vrywillige vuurvegterspan is ’n huisbrand geblus voordat dit kon versprei en enige skade aan ander eiendom kon aanrig. Die brand het by ’n huis in die Melodie-woonbuurt uitgebreek. PWV Security Services het die vuurvegterspan na die toneel ontbied. Die Madibeng-brandweer en NECSA se noodreddingspan het ook ondersteuning op die toneel gebied.

Rustenburg

  • Die tak het met ’n volhoubare skoonmaakprojek weggespring en 3 ha gras op die hoek van Kerk-, Bult- en Krugerstraat gesny om sodoende veiligheid te verbeter.
  • Die tak het ’n trekker aangeskaf wat deurlopend gebruik sal word om die skoonmaak van die dorp te vergemaklik. Jan van Zyl en sy span het ’n skedule opgestel wat die probleemareas identifiseer en hulle gaan in die toekoms spesifiek daarop fokus.

VRYSTAAT

MOOIRIVIER

Bothaville

  • Die buurtwag het 180 patrollies deur die loop van die maand gery.
  • Die tak het in samewerking met die plaaslike munisipaliteit en die sakekamer slaggate in die pad na die Meyerhof-uitbreiding opgevul.

Deneysville

  • Die tak het die dorpsingang, asook voor die biblioteek en die kliniek skoongemaak.

Parys

  • Die buurtwag het 12 patrollies deur die loop van die maand gery.

Sasolburg

  • Taklede het 256 ha gras deur die loop van die maand gesny.
  • Die tak het ’n Valentynsmark in die dorp se Hoëveldse Tuine (botaniese tuine) gehou.
  • Taklede het die munisipaliteit gehelp met skoonmaakprojekte en om gras te sny.

Viljoenskroon

  • Die tak het voortdurend druk op die Moqhaka Plaaslike Munisipaliteit geplaas oor rioolstortings in die dorp.

HOOGLAND

Bethlehem

  • Die buurtwag het bystand gebied tydens ’n noodlanding.

Welkom

  • Die tak het ’n skrywe aan die Matjhabeng Plaaslike Munisipaliteit gerig rakende die dorp se waterkrisis, waarna dit ook in die Vista Newspaper gepubliseer is. Die munisipaliteit se prokureur het die tak gekontak en versoek dat die ligging van al die pype wat nie herstel is nie aan hom deurgegee moet word.

Bultfontein

  • Die buurtwag se beheerkamer is deur die SAPD se afdeling vir georganiseerde misdaad gekontak rakende moontlike samewerking. Buurtwaglede het hul hommeltuig met die plaaseienaar se toestemming gebruik en sodoende gehelp om ’n plaasaanval af te weer danksy puik samewerking tussen die beheerkamer, die buurtwag en die SAPD.
  • Die buurtwag se beheerkamer, buurtwaglede en die SAPD het saamgewerk en twee gesteelde voertuie opgespoor.
  • Die buurtwag se beheerkamer, buurtwaglede en die SAPD se helikoptereenheid het gesamentlik deurnag na ’n vliegtuig gesoek wat neergestort het. Die vliegtuig is uiteindelik die volgende oggend teen dagbreek gevind.

ROSESTAD

Wilgehof

  • Die tak het drie nuwe lede deur die loop van die maand gewerf.
  • AfriForum se plaaslikeregeringsake-afdeling het taklede bygestaan om die volgende probleme by die Mangaung-metro aan te meld:
  • rioolkwessies – 4 klagtes
  • kragonderbrekings – 8 klagtes
  • waterlekkasies – 3 klagtes
  • Die buurtwag het 27 patrollies deur die loop van die maand gery. 

Rayton-Heuwelsig

  • Die tak het talle parke skoongemaak.
  • Taklede het strate in Hillsboro en Heuwelsig skoongemaak, asook agter Spar in Leo van den Heeversingel.
  • Buurtwagpatrolleerders het 13 sluipslapers naby die kleinhoewes verwyder.
  • Die buurtwag het ’n suksesvolle arrestasie uitgevoer en ’n gesteelde skootrekenaar teruggevind.
  • Buurtwaglede het ’n brand by die Glen Landboukollege help blus.

Hospitaalpark

  • Die buurtwag het ’n suksesvolle bewusmakingsaksie gehou in samewerking met verskeie sekuriteitsmaatskappye.

Pellissier

  • Die buurtwag het ’n suksesvolle bewusmakingsaksie in Jan Pierewietweg naby die Windmill Casino gehou in samewerking met ITR Sekuriteit, VR Sekuriteit en Bloemsec Sekuriteit.

Uitsig

  • Die buurtwag het ’n suksesvolle bemarkingsaksie gehou, terwyl hulle ook lede se radio’s ingestel het.
  • Die buurtwag se protospan het selfverdedigingstegnieke aan buurtwaglede gedemonstreer.
  • Die tak het weekliks verskeie volhoubare skoonmaakprojekte by die volgende liggings gehou:
  • Nelson Mandelarylaan
  • Curielaan
  • Du Plessisstraat (en die park in die straat)
  • die park in Gardeniapark
  • verskeie parke in Rayton-Heuwelsig
  • die park in Hillsboro
  • die Brits-monument
  • die Ou Presidensie se tuin
  • die Pres. Brand-begraafplaas

KWAZULU-NATAL

Utrecht

  • Die tak het die plaaslike polisiestasie se kragopwekker laat diens nadat dit alreeds ongeveer drie jaar probleme gee. Dit het onder die tak se aandag gekom dat die polisiestasie tydens beurtkrag in donkerte gehul is weens die voortslepende kragonderbrekings.

JANUARIE 2023 – NOORDSTREEK

GAUTENG

GROTER PRETORIA-NOORD

Bronkhorstspruit

  • Die buurtwag het ’n sigbaarheidspatrollie gehou.
  • Die buurtwag het rivier- en damvlakke gemoniteer om die gemeenskap vroegtydig te waarsku van enige gevaar.

Groter Moot

  • Die tak se tuinspan het voortgegaan met verskeie projekte.
  • Die buurtwag het ’n massapatrollie gehou.
  • Die buurtwag het verskeie sigbaarheidspatrollies gehou.
  • Die buurtwag het die SAPD bygestaan tydens ’n arrestasie vir dwelmmisbruik.
  • Die tak het ’n lid van die gemeenskap gehelp nadat dié se voertuig langs die pad gaan staan het.
  • Die buurtwag het bystand verleen op ’n ongelukstoneel.
  • Die buurtwag het op ’n liggaam afgekom aan die voet van die Magaliesberg naby die HTS John Vorster.
  • Die buurtwag het help soek na ’n vermiste persoon.
  • Die tak het gehelp om ’n boom uit die pad te verwyder.
  • Die buurtwag het aan Operasie Pitbull deelgeneem; dié operasie het op die bekamping van dwelmhandel gefokus.
  • Die buurtwag het aan Operasie Luidier deelgeneem; dié operasie het op die bekamping van misdaad in die Moot gefokus.
  • Die tak het ’n skoonmaakprojek gehou.

Wes-Moot

  • Die buurtwag het twee arrestasies naby die reservoir uitgevoer.
  • Die tak het nuwe kameras geïnstalleer.
  • Die tak se jeugvleuel het ’n skoolpatrollie gehou.

GROTER PRETORIA-SUID

Centurion

  • Die tak se buurtspan het ’n skoonmaakprojek voor Sol-Tech gehou.
  • Die buurtwag het ’n regs-en-risikogesprek by die Hoërskool Uitsig aangebied .
  • Die tak se herwinningsprojek het nuwe hoogtes bereik nadat 5 000 kg herwinbare materiaal sorteer is.
  • Die tak se buurtspan het twee betonasblikke in Flamingo Park afgelaai.
  • Die tak se buurtspan het ’n skoonmaakprojek in Valhalla se sentrale sakekern (SSK) gehou, meer spesifiek in Broadwaystraat.
  • Die tak se buurtspan het Furman-park weer skoongemaak as deel van ’n neem-’n-park-aan-ooreenkoms tussen AfriForum en die Tshwane-metro.
  • Buurtwaglede het bystand verleen aan ’n dame wat op die N1-snelweg gestrand gelaat is nadat haar voertuig onklaar geraak het.
  • Die buurtwag het hulp verleen aan die brandweer nadat ’n brand by die Laerskool Bakenkop ontstaan het.
  • Die tak se buurtspan het Montaque Kneen-park skoongemaak as deel van ’n neem-’n-park-aan-ooreenkoms tussen AfriForum en die Tshwane-metro.
  • Buurtwaglede het ’n sigbaarheidspatrollie gehou net voordat hul maandelikse spanbou-aksie plaasgevind het.
  • Die tak se buurtspan het twee betonasblikke in Estcourt-park in Wierdapark afgelaai.

Pretoria-Wes

  • Die tak het 2022 goed afgesluit deur in Desember ’n skoonmaakprojek van stapel te stuur.

WES-RAND EN VAALDRIEHOEK

Vanderbijlpark

  • Die buurtwag het bystand gelewer op die hoek van Evereststraat en Westinghouseboulevard nadat vier jong mans besig was om grond langs ’n kragboks uit te grawe.
  • Buurtwaglede het hulp gebied ná ’n inbraak by ’n huis in Fontanastraat. ’n Vrou was alleen in die huis terwyl die verdagte in die erf rondgesnuffel het.
  • Die buurtwag het ’n bejaarde man en vrou bygestaan nadat hulle naby die veld in Jan Cilliersstraat beroof is en die diewe op die vlug geslaan het met hul goedere.
  • Buurtwaglede het ondersteuning gebied by ’n kleuterskool in Gillchriststraat nadat vier mans moeilikheid probeer maak het.
  • Die buurtwag het gereageer ná ’n noodroep oor ’n inbraak by ’n huis in Listerstraat.
  • Buurtwaglede het ’n man te hulp gesnel wat op die hoek van Heaviside- en De Foreststraat op die sypaadjie inmekaargesak en gekla het van borspyn.
  • Die buurtwag het gehelp om na ’n seun te soek wat in Cramptonstraat vermis geraak het. Die seun is uiteindelik gevind en veilig terug by die huis.
  • Buurtwaglede het bystand gebied nadat vier mans ’n gewapende rooftog by die plaaslike Burger King probeer pleeg het.
  • Buurtwaglede het blitsig gereageer nadat ’n persoon woonagtig te Jutastraat 6 ’n hartaanval gekry het.
  • Die tak het 449 klagtes oor kragonderbrekings ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het 13 klagtes oor waterlekkasies ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het 19 klagtes oor rioolprobleme ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Taklede het die gras op die middelman vanaf die Sanlam-gebou tot by Herman Ecksteinstraat gesny, asook voor die plaaslike AfriForum-tak se kantoor.        
  • Die tak het ’n skoonmaakprojek in Pasteurboulevard gehou en onder meer gras gesny.
  • Taklede het die veld op die hoek van Adderley- en Donkinstraat skoongemaak, waarna hulle ook die parkie in hierdie veld oorgeverf het.
  • Die tak het gras in Pasteurboulevard aan die agterkant van die Herfsoord-ouetehuis gesny. Taklede het ook ’n voorbrand naby die ouetehuis gemaak.
  • Taklede het die veld op die hoek van Adderley- en Donkinstraat skoongemaak, waarna hulle ook die parkie in hierdie veld oorgeverf het.
  • Die tak het gras in Pasteurboulevard aan die agterkant van die Herfsoord-ouetehuis gesny. Taklede het ook ’n voorbrand naby die ouetehuis gemaak.
  • Taklede het die veld in Jean Websterstraat skoongemaak en die gras gesny, waarna die parkie ook oorgeverf is.

OOS-RAND

Alberton

  • patrolleerders het ’n paartjie bygestaan met die omruil van ’n pap band.
  • Taklede het ’n vrou ondersteun nadat sy flou geval het. Nooddienste is ontbied en sy is na ’n hospitaal geneem.
  • Die buurtwag het bystand gebied op ’n ongelukstoneel in 2de Laan.
  • Die tak het ’n versoek vanuit die gemeenskap ontvang om te adviseer nadat ’n fetus in ’n asblik gevind is. Taklede het onmiddellik die nooddienste ontbied.
  • Die tak het in samewerking met plaaslike organisasies op ’n versoek vanuit die gemeenskap gereageer nadat mense vasgekeer was weens ’n riviervloed naby die Lido Hotel. Vyf mense is uiteindelik gered.
  • Taklede het gehelp om ’n ongelukstoneel in Brackendowns te beveilig. Een persoon is op die toneel dood verklaar, terwyl talle beseerdes deur nooddienste na ’n hospitaal vervoer is.
  • Die tak het ondersoek gaan instel ná ’n voorval van huismoles waar ’n vuurwapen betrokke was.
  • ·Buurtwagpatrolleerders het die gemeenskap bygestaan op ’n ongelukstoneel waar ’n boom die pad versper het. Hulle het onder meer die verkeer gereguleer en die toneel beveilig.
  • het ’n Oos-Kaapse gesin ondersteun wat hulself in Alberton bevind het en hulp benodig het met kos, klere, doeke en babaformule, asook die nodige geld om terug te keer huis toe.
  • Buurtwagpatrolleerders het in samewerking met plaaslike sekuriteitsmaatskappye ’n gesteelde motor in Phumula opgespoor. Hulle het die toneel beveilig totdat die SAPD daar aangekom het.
  • Buurtwagpatrolleerders het ’n plaaslike sekuriteitsmaatskappy bygestaan nadat hulle deur ’n slaggat gery en hulle voertuig se band beskadig het.
  • Die tak het die nooddienste namens die gemeenskap ontbied nadat ’n bom by ’n OTM in Alrode ontplof het.
  • Taklede het in samewerking met plaaslike nooddienste die gemeenskap bygestaan op ’n ongelukstoneel waar ’n voertuig gerol het.
  • Buurtwagpatrolleerders en die patrolleerders en die Ekurhuleni-metro se parke-afdeling het die gemeenskap gehelp om ’n boom te verwyder wat omgeval en ’n pad versper het.
  • Die tak het sonkragligte aan die Alberton-polisiestasie geskenk. Die ligte is geïnstalleer sodat die SAPD die gemeenskap tydens beurtkrag kan help.
  • Die tak se hommeltuig-eenheid het ’n gesin bygestaan nadat daar op hulle geskiet is. 
  • Buurtwagpatrolleerders het in samewerking met plaaslike sekuriteitsmaatskappye ’n gesteelde motor in Thokoza opgespoor. Hulle het die toneel beveilig totdat die SAPD daar aangekom het.
  • Buurtwagpatrolleerders het ’n stilstaande voertuig op die N12-hoofweg gewaar nadat dit sonder brandstof gaan staan het. Hulle het die verkeer gereguleer en die voertuig van die hoofweg verwyder.
  • Buurtwagpatrolleerders het in samewerking met plaaslike nooddienste bystand op ’n ongelukstoneel gebied. Een persoon was in ’n voertuig vasgekeer. Nooddienste het talle pasiënte na die hospitaal geneem.

Brakpan

  • Die tak het basiese opleiding in noodhulpvaardighede aan die nuutverkose leerlingraad van die Laerskool Dalview gebied.
  • Die tak het ’n gesin bygestaan wat ’n familielid aan die dood moes afstaan ná ’n plaasaanval.
  • Die tak het ’n nuwe inisiatief van stapel gestuur wat behels dat enige ou materiaal of skroot wat nie benut of gebruik word nie tussen gemeenskapslede uitgeruil kan word. Dít stel gemeenskapslede in staat om nutsprojekte, huistake of onderhoud teen ’n laer koste aan te pak.
  • Buurtwaglede het bystand gebied op die toneel waar ’n vragmotor wat gas vervoer het ontplof het. Toegangsbeheer is toegepas, terwyl hulle ook gehelp het met noodhulp.
  • Die buurtwag het taktiese vuurwapenopleiding aan sy lede en hul families gebied.
  • Taklede het gras gesny en die plaaslike begraafplaas opgeknap.
  • Taklede het ondersteuning op ’n ongelukstoneel op Goodsweg gebied waartydens verskeie pasiënte per helikopter na ’n hospitaal geneem is.
  • Die tak het die plasing van administratiewe interns vanuit die gemeenskap by ’n plaaslike onderneming in die vervaardigingsektor gefasiliteer.
  • Die tak het basiese opleiding in noodhulpvaardighede aan die nuutverkose leerlingraad van die Laerskool Die Arend gebied.
  • Buurtwaglede het in samewerking met plaaslike nooddienste ’n brand by ’n huis geblus.
  • Taklede het ’n noodhulpstasie tydens die kwartaallikse Afrikaanse Musiekfees – wat by Rose Tulee plaasgevind het – beman.
  • Die buurtwag het in samewerking met nooddienste ’n boom opgesaag en verwyder wat omgeval en ’n pad versper het.

Benoni

  • Die buurtwag het agt van sy patrolleerders vir basiese opleiding gestuur.
  • Buurtwagpatrolleerders het tydens Desember en Januarie sowat 6 852 km in 927 manure afgelê.
  • Taklede het die gras langs O’Reilly Merrystraat gesny.
  • Die tak het die verkeer tydens die plaaslike motorfietsklubs se jaarlikse speelgoedrit – waartydens speelgoed vir minderbevoorregte kinders ingesamel is – suksesvol gereguleer.
  • Taklede het 12 slaggate op die hoek van Lessing- en Uysstraat in die Rynfield-gebied opgevul danksy 28 sakke teer wat ondernemings in die gemeenskap geborg het.
  • Die tak het in samewerking met plaaslike nooddienste en sekuriteitsmaatskappye ’n suksesvolle Kersrit aangebied. Tydens die Kersrit is besoek aan Sinethemba Hope House, Shady Pines, Abraham Kriel-kinderhuis, Groter Benoni Kinderwelsyn, asook iKhaya da Luz-kinderhuis afgelê, terwyl Kersgeskenke, versnaperinge, koeldrank, pizza en kruideniersware ook as deel van die Kersrit by hierdie tehuise afgegee is.
  • Taklede het gras gesny al langs Boden- en Evansweg.
  • Die tak het in samewerking met plaaslike instansies ’n skoonmaakprojek rondom LWRA en The Drive gehou waartydens vullis verwyder is en die sypaadjie skoongemaak is.
  • Taklede het 50 slaggate in Alanstraat, Joycelaan en Great Northweg opgevul danksy 42 sakke teer wat ondernemings in die gemeenskap geborg het.
  • Taklede het 25 slaggate in Joycelaan, Morrislaan, Aerodromeweg en Kwartzstraat opgevul danksy 43 sakke teer wat ondernemings in die gemeenskap geborg het.
  • ·Taklede het 28 slaggate in Kwartzstraat, Cloudystraat, Hospitaalweg, Aerodromeweg, Wordsworthweg, 5de Laan en Morrislaan opgevul danksy 37 sakke teer wat ondernemings in die gemeenskap geborg het.
  • Die tak het paaie opgeruim ná erge reënstorms.
  • Die tak het ingespring en paaie opgeruim nadat hewige reënbuie verwoesting gesaai het. Dié skoonmaakaksie moes plaasvind nadat bome in paaie en op voertuie omgeval het.
  • Spanne is ontplooi en AfriForum-taklede het in samewerking met plaaslike veiligheidsmaatskappye die verkeersvloei so gou moontlik herstel. Sowat 23 lede is met agt kettingsae toegerus om die bome wat paaie versper het, op te saag en te verwyder. Twaalf bome is tydens die aksie uit die volgende paaie verwyder: Sunnysidelaan, Edwardstraat, Brightstraat, Victorialaan, Woburnlaan, Cranbournelaan, Wootonlaan, Howardlaan en Harpurlaan.
  • Die tak het ondersteuning gebied nadat ’n versoek van die OR Tambo Regiment en die Benoni Junior Skool ontvang is vir hulp met die opsaag en verwydering van bome nadat hewige reënbuie Benoni getref het. Taklede het in samewerking met die plaaslike sekuriteitsmaatskappye NoJack Vehicle Tracking en Wolf Protection Solutions die bome opgesaag en verwyder.
  • Taklede het die gemeenskap gehelp om die dorp skoon te maak, strate op te ruim en onkruid dood te maak in Highweg. Hierdie aksie sal ook in die toekoms as ’n volhoubare projek aangepak word.
  • Die tak het gehelp om na die gemeenskap om te sien deur sakke mieliemeel by sowel iKhaya da Luz as Shady Pines af te laai.

Boksburg

  • Die tak het ondersteuning op ’n ongelukstoneel gebied waarby twee voertuie betrokke was. Die insittendes het geringe beserings opgedoen.
  • Taklede het bystand gebied op ’n toneel waar ’n man in anafilaktiese skok gegaan het. Hy is deur 1Life-nooddienste gestabiliseer en deur Nitro Med-ambulansdienste na The Glynnwood Hospitaal vervoer.
  • Die tak het in Commissionerstraat bystand verleen nadat ’n 17-jarige meisie in kraam gegaan het. Die meisie is deur nooddienste gestabiliseer en na die Pholosong Hospitaal vervoer.
  • Die tak het in samewerking met plaaslike nooddienste bystand verleen aan ’n 23-jarige vrou wat verskeie snywonde aan haar hand opgedoen het.
  • Taklede het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel op die R21-snelweg nadat twee voertuie in Pomona in ’n ongeluk betrokke was.
  • Die buurtwag het die gemeenskap van Jetpark beveilig nadat EFF-lede ’n protesoptog gehou het. Die optog het vreedsaam verloop.
  • Taklede het ’n ongelukstoneel in Witfield help beveilig nadat ’n motorfiets in ’n ongeluk betrokke was. Taklede het die toneel aan die metropolisie oorhandig met hul aankoms.
  • Die tak het ’n ongelukstoneel in Bardene help beveilig nadat ’n motor in ’n motorfiets vasgejaag het.
  • Taklede het ’n ongelukstoneel in Bardene help beveilig nadat ’n bakkie onwettig oor ’n verkeerslig gejaag het.
  • Die buurtwag is ontbied na ’n toneel in Witfield waar ’n poging tot moord afgespeel het en ’n man in die nek geskiet is. Die beseerde man is deur nooddienste na ’n hospitaal vervoer.
  • Buurtwaglede het in Beyerspark op ’n mediese noodgeval gereageer nadat ’n man snywonde aan sy arms opgedoen het. Mediese nooddienste is ontbied om die bloeding te probeer stop en die man is na ’n hospitaal vervoer.
  • Die tak het ’n toneel beveilig nadat twee fietsryers ’n rooi verkeerslig verontagsaam het en gevolglik deur ’n voertuig gestamp is. Plaaslike nooddienste het die fietsryers na ’n hospitaal vervoer.
  • Buurtwagpatrolleerders is na ‘n toneel ontbied waar sewe mans by ’n huis ingebreek en die huis geplunder het voordat sekuriteitsdienste kon opdaag.
  • Buurtwagpatrolleerders het ondersoek op ’n toneel gaan instel nadat ’n man vermoor is. Hy is ses keer geskiet. Die buurtwag het die toneel daarna aan die SAPD oorhandig.
  • Buurtwagpatrolleerders het ’n man betrap nadat hy twee Spur-baniere gesteel het. Hy het die patrolleerders met ’n mes gedreig toe hy gekonfronteer word. Die patrolleerders het die man egter onder beheer gehou totdat die SAPD opgedaag het.
  • Buurtwagpatrolleerders het ondersteuning aan die gemeenskap van Ravenswood gegee ná ’n huisbraak. Geen verdagtes is egter nog vasgetrek nie en die toneel is aan die SAPD oorhandig.
  • Taklede was teenwoordig op ’n ongelukstoneel in Anderbolt.
  • Taklede het ’n ongelukstoneel beveilig nadat ’n motorfiets in ’n lamppaal vasgery het. Nooddienste is ontbied en die bestuurder is na ’n hospitaal vervoer.
  • Buurtwagpatrolleerders het die gemeenskap gehelp ná ’n ongeluk waarby vier voertuie betrokke was deur die verkeer te reguleer.

Edenvale

  • Die tak het 15 slaggate op die hoofpaaie van Edenvale opgevul.
  • Taklede het kruisings skoongemaak waar die gras baie lank was as deel van ’n misdaadvoorkomingsprojek. Die doel hiervan was om die verkeersligte en stopstrate te beveilig teen rowers wat in die lang gras skuiling vind.

Germiston

  • Die buurtwag het die gemeenskap bygestaan nadat twee gewapende mans ’n Engen-vulstasie in Klopperpark beroof het. Een verdagte het daarin geslaag om van die toneel te vlug, terwyl die petroljoggies die ander verdagte kon vastrek. ’n Arrestasie is gevolglik gemaak. Die vulstasie se eienaar het die AfriForum-buurtwaglede bedank vir hulle hulp.
  • Buurtwagpatrolleerders was blitsvinnig op ’n toneel waar ’n hek op ’n kind geval het. Die kind is na die Edenvale Hospitaal gehaas.
  • Die tak het in samewerking met plaaslike nooddienste die gemeenskap bygestaan nadat ’n fabriek afgebrand het. Vier pasiënte is op die toneel vir ernstige brandwonde behandel en hospitaal toe geneem.
  • Die buurtwag het in samewerking met plaaslike nooddienste ’n ongelukstoneel in Cydoniaweg beveilig nadat ’n man agter die stuur aan die slaap geraak het en in ’n boom vasgejaag het. Ambulansdienste het die man na die Germiston Hospitaal vervoer.
  • Buurtwaglede het op ’n noodroep gereageer en ’n ongelukstoneel in Geldenhuysweg help beveilig nadat ’n vragmotor eers teen ’n ander voertuig en toe deur ’n muur gejaag het. Die toneel is aan die metropolisie oorhandig en die bestuurder van die voertuig is deur nooddienste na ’n hospitaal vervoer.
  • Buurtwagpatrolleerders het bystand gebied op ’n toneel waar ’n bakkie met twee insittendes met klippe bestook is en toe in ’n muur vasgery het. Met hul aankoms het die patrolleerders die situasie probeer ontlont, waarna die beseerdes deur nooddienste na ’n hospitaal geneem is. Een van die skuldiges is deur die metropolisie gearresteer en na die Primrose-polisiestasie geneem.
  • Die buurtwag het in samewerking met die SAPD en plaaslike sekuriteitsmaatskappye gereageer op ’n skietvoorval by die plaaslike begraafplaas in Primrose. Een persoon is op die toneel dood aangetref. Die skut is egter nie vasgetrek nie.
  • Die buurtwag het in samewerking met plaaslike sekuriteitsmaatskappye en nooddienste hulp op ’n toneel gebied nadat ’n voertuig ’n voetganger raakgery het. Die patrolleerders het ook gehelp om die woedende skare onder beheer te bring voordat hulle gewelddadig kon raak.
  • Die buurtwag het gehelp om die verkeer te reguleer en die ongelukstoneel te beveilig nadat twee voertuie in ’n ongeluk betrokke was. Geen beserings is gelukkig aangemeld nie.
  • Taklede het gehelp om ’n boom te verwyder wat in die pad omgeval het ná ’n hewige storm.
  • Die buurtwag het in samewerking met plaaslike nooddienste gehelp om die verkeer te reguleer en die ongelukstoneel te beveilig ná ’n tref-en-trap in Primrose plaasgevind het.
  • Die tak het nooddienste vir ’n familie ontbied ná ’n voorval van selfmoord in Elspark.

Kempton Park

  • Die tak se gesondheidsentrum is opgeknap met ’n nuwe vinielomhulsel.
  • Die tak se mobiele gesondheidsentrum het Allen Park-ouetehuis as ’n addisionele bediening bygevoeg. Die sentrum is ’n reusesukses en bars reeds uit sy nate met meer as 60 gemeenskapslede per besoek.
  • Buurtwaglede het suksesvolle weeklikse veiligheidsoperasies en patrollies saam met die Kempton Park SAPD uitgevoer as deel van hulle plaaslike veiligheidstrategie.
  • Die tak het plaaslike veiligheidstrukture opgerig en ’n addisionele nommerplaatherkenningskamera in Monumentweg geïnstalleer.
  • Die tak het ’n mobiele nommerplaatherkenningskamera by sy veiligheidstrukture gevoeg deur dit op die buurtwag se Ford Ranger-patrollievoertuig te installeer. Hierdie kamerastelsel verbreed die tak se veiligheidstrukture se vermoë om strategiese operasies uit te voer.
  • Taklede het die Birchleigh-woonbuurt help skoonmaak deur die park in Tigerweg se gras te sny en met behulp van die tak se bakkie die gesnyde gras weg te ry.
  • Die tak het ’n suksesvolle strategiese beplanningsessie gehou met betrekking tot die inspan van die tak se hommeltuig teen kabeldiefstal.
  • Die tak se veiligheidstrukture het ’n skietspan op die been gebring met sowat 14 aktiewe lede.
  • Taklede het ’n formele aanmaningsbrief aan die Ekurhuleni-metro gerig aangaande die swak dienslewering met betrekking tot vullisverwydering in die Kempton Park-area.
  • Die tak se plaaslikeregeringsake-afdeling het ná konsultasie met die regte rolspelers ’n proses van stapel gestuur om die plaaslike begraafplaas op te knap en skoon te maak.

Springs

  • Die tak het ’n formele aanmaningsbrief aan Nersa gerig om die swak onderhoud en dienslewering met betrekking tot die dorp se kragstelsel aan te pak.
  • Taklede het ’n formele aanmaningsbrief aan die Ekurhuleni-metro gerig aangaande die swak dienslewering met betrekking tot vullisverwydering in die Springs-area.
  • bystand gebied deur nooddienste te ontbied nadat ’n lid van die gemeenskap erge snywonde opgedoen het.
  • nooddienste te ontbied na ’n toneel waar ’n 32-jarige man ’n oordosis pille gedrink het.
  • 4de Straat ontbied nadat ’n kragboks oopgebreek is en kragkabels gesteel is.
  • Taklede het bystand gebied op ’n ongelukstoneel en gehelp om die verkeer in 3de en 2de Laan te reguleer, asook om die nodige nooddienste te ontbied.
  • Taklede het gehelp om die verkeer in Main Reefweg in ’n suidelike rigting te reguleer nadat twee bane toegemaak is omdat die pad oopgegrou moes word om kragkabels te herstel.
  • Buurtwaglede het hand bygesit deur as puntsmanne op te tree tydens die DBV in Springs se aandwedloop. Die tak het ook gereël vir gekwalifiseerde noodhulppersoneel al langs die roete.
  • Die tak se gemeenskapsake-afdeling het die Sandy Shell-versorgingsoord bygestaan nadat hulle ’n watertekort ervaar het weens aanhoudende kragonderbrekings. Bottels water is ingesamel, terwyl ’n taklid sy voertuig beskikbaar gestel het om die water by die oord af te lewer.
  • Die tak het ’n projek van stapel gestuur om die plaaslike polisiestasie se tuin mooi te maak. Springs-buurtwaglede het hulle bereidwilligheid getoon deur blokke kitsgras en plante vir die projek te skenk en dit ook te help plant. Die tak se gemeenskapsveiligheid-afdeling is daartoe verbind om samewerking in alle vorme met die SAPD te bevorder.
  • Taklede het inwoners van die Springs Metodiste-tehuis met lekker potjiekos bederf. Taklede het bymekaargekom vir ’n lekker dag van ontspanning waartydens 15 potjies vir die inwoners van die tehuis voorberei is.
  • Die buurtwag en sy plaaslike vennote se stryd teen misdaad is besig om vrugte af te werp. Hierdie inisiatief span die hulp van nommerplaatherkenningskameras in ten einde voertuie te identifiseer wat óf gesteel is óf tydens misdade gebruik is. Dit vind in samewerking met die SAPD en ander plaaslike vennote plaas.
  • Die tak het ’n plaaslike sportgedrewe inisiatief bevorder en ondersteun deur as puntsmanne op te tree tydens die Springs Striders-atletiekklub se marathon.
  • Die tak het ’n permanente tuinspan aangestel om Butler Park in Geduld, asook die eendedam in Selection Park gereeld skoon te maak.

MPUMALANGA

Delmas

  • Die Delmas Valke, die Eloff-buurtwag en die Argent-plaaswag het aan Operasie Kerskous deelgeneem wat ten doel gehad het om sigbaarheid op die paaie te verhoog tydens die feesseisoen.

Middelburg

  • Die buurtwag het aan Operasie Kerskous deelgeneem wat ten doel gehad het om sigbaarheid op die paaie te verhoog tydens die feesseisoen.
  • Die tak het ’n skoonmaakprojek in ’n park voltooi.

Witbank

  • Die tak het talle slaggate opgevul.

Bethal

  • Taklede het die gemeenskap deurlopend bygestaan met die waterkrisis in die dorp.
  • Die tak het die Laerskool Marietjie van Niekerk gehelp deur ’n belangrike waterlyn te vervang.

Ermelo

  • Die buurtwag het aan Operasie Kerskous deelgeneem wat ten doel gehad het om sigbaarheid op die paaie te verhoog tydens die feesseisoen.

Chrissiesmeer

  • Die buurtwag het aan Operasie Kerskous deelgeneem wat ten doel gehad het om sigbaarheid op die paaie te verhoog tydens die feesseisoen.

Piet Retief

  • Die buurtwag het aan Operasie Kerskous deelgeneem wat ten doel gehad het om sigbaarheid op die paaie te verhoog tydens die feesseisoen.

Standerton

  • Die buurtwag het aan Operasie Kerskous deelgeneem wat ten doel gehad het om sigbaarheid op die paaie te verhoog tydens die feesseisoen.
  • Taklede het die Voetsporemonument skoongemaak.

Teks (Trichardt, Evander, Kinross en Secunda)

  • Die buurtwag het aan Operasie Kerskous deelgeneem wat ten doel gehad het om sigbaarheid op die paaie te verhoog tydens die feesseisoen.

Soortgelyke plasings