TAKSUKSESSE: AUGUSTUS 2023

NOORDSTREEK

GAUTENG

GROTER PRETORIA-NOORD

Algemeen

  • Al AfriForum se Groter Pretoria-Noord-buurtwagte het aan die noordstreek se massapatrollie deelgeneem om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Al AfriForum se Groter Pretoria-Noord-takke het aan die organisasie se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Die volgende AfriForum-buurtwagte het ook aan die noordstreek se massapatrollie deelgeneem om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig: Centurion, Hennopsrivier, Hills and Dales en Pionier.
  • Die volgende takke het AfriForum se streeksberaad vir die noordstreek bygewoon: Centurion, Garsfontein, Rayton-Cullinan en Pretoria-Wes.   

Noord van die berg

  • Die tak se tuinspan het 2 436 swartsakke vullis opgetel.
  • Die tak se tuinspan het 61 vragte vullis weggery.
  • Die tak se tuinspan het aanvanklik 8 ha gras gesny.
  • Die tak se tuinspan het ’n addisionele 10 ha gras gesny.
  • Die tak se tuinspan het 891 km afgelê om al die werk gedoen te kry.
  • Die tak se tuinspan het elke Maandag 13 parke skoongemaak.
  • Taklede het elke Vrydag gehelp om die Heldeakker skoon te maak.

Bronkhorstspruit

  • Die buurtwag het deurlopend sigbaarheidspatrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het ondersteuning gebied tydens twee huisbrande – in die woonbuurt Bronkhorstbaai én in Joubertstraat – deur te help met die ontruiming van inwoners.
  • Taklede het slagoffers met traumaberading ondersteun.
  • Buurtwaglede het ’n verdagte in hegtenis geneem ná ’n aanval op Leeuwfontein.

Groter Moot

  • Die tak se buurtspan het die volgende aksies aangepak: skoonmaakprojekte; vullis opgetel en strate netjies gehou; gras gesny; tuinvullis weggery; bome gesnoei; en Kaput-jel opgesmeer.
  • Buurtwaglede het ondersteuning gebied tydens ’n brand op die Magaliesberge deur dit te help blus, asook by ’n veldbrand in Terblanchestraat
  • Die buurtwag het voortgegaan met sigbaarheidspatrollies om hul gemeenskap te beveilig.
  • Taklede het reeds vier waterpunte se water getoets én dit opgeknap.

Centurion

  • Die tak se buurtspan het die gemeenskap ondersteun deur bykans 900 asblikke leeg te maak nadat munisipale dienslewering opgeskort is.
  • Die buurtwag het skoolbusse op agt ritte begelei om seker te maak kinders is veilig ná laataandopvoerings.
  • Buurtwaglede het aan die noordstreek se massapatrollie deelgeneem om hul gemeenskap te beveilig.
  • Taklede het basiese skietopleiding vir die gemeenskap aangebied.
  • Die Centurion- en Groter Moot-takstrukture het ’n groot skoonmaakprojek in Kloofsig suksesvol afgehandel.
  • Die tak gaan van krag tot krag nadat hulle hul tweede bakkie en sleepwa aangekoop het.

WES-RAND EN VAALDRIEHOEK

Vanderbijlpark

  • 87 buurtwagpatrolleerders (lede van AfriForum, die SAPD, die plaaslike GPF en sekuriteitsmaatskappye) het in 24 voertuie 1 676 km in 269 manure afgelê.  
  • Die tak het ondersteuning gebied op die hoek van Frikkie Meyerboulevard en Evereststraat deur die verkeer te reguleer nadat rukwinde sinkplate van ’n dak afgewaai het. Sewe taklede het 21 manure hierop spandeer en 40 km in vier voertuie afgelê.
  • Taklede het gehelp om ’n veldbrand in C.W. 3 te blus. Vier taklede het agt manure hierop spandeer en 10 km in twee voertuie afgelê.
  • Die tak het plaasbewoners ondersteun deur veldbrande te help blus op plase in die Loch Vaal-omgewing naby Saloon 2000 langs die N1-snelweg. Agt taklede het 32 manure hierop spandeer en 180 km in drie voertuie afgelê. Die tak het ook sy vuurvegter hiervoor ingespan.  
  • Taklede het ’n veldbrand in Einsteinstraat in C.W. 3 help blus.
  • Die tak het 73 klagtes rakende kragonderbrekings ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het sewe klagtes rakende waterlekkasies ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het vier klagtes rakende rioolprobleme ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit het erken dat die rioolpyp in Livingstoneboulevard naby Cool Sound vervang moet word ná talle rioolprobleme.
  • Die tak het 6,75 ha gras gesny op die middelman voor die Herfsoord-ouetehuis en dit daarna na die vullisterrein weggery.
  • Taklede het die gebied rondom Phoenix Park skoongemaak en 232 swartsakke vullis na die vullisterrein weggery.
  • Die tak het 1,25 ha gras in Herbertstraat gesny en dit na die vullisterrein weggery.
  • Die tak het verfwerk in die park in Maxwellstraat voltooi én blare opgetel. Drie sakke tuinvullis is na die vullisterrein weggery.
  • Die tak het voortgegaan met sy teerprojek by die N.G. Kerk Sentraal op die dorp. Sover is 900 sakke teer oor drie Saterdae rondom die kerk ingewerk.
  • Taklede het sand in die gate in die veld in Jean Websterstraat gegooi.
  • Die tak het in samewerking met die Kiewietsnes-ouetehuis slaggate in Helena Lochnerstraat opgevul.
  • Die tak sal sy teerprojek voor die Laerskool Eligwa weer in Oktobermaand hervat.

OOS-RAND

Alberton

  • Die buurtwag het in samewerking met plaaslike sekuriteitsmaatskappye twee voertuie opgespoor wat onderskeidelik in Eden Park en Katlehong gekaap is.
  • beveilig nadat ’n voetganger in Brackenhurst raakgery is. Die voertuig het van die ongelukstoneel gevlug en die buurtwag het daarna die nooddienste ontbied, die toneel beveilig en die verkeer gereguleer.
  • Die buurtwag het blitsig gereageer ná inligting ontvang is dat ’n muur op ’n 12-jarige meisie omgeval het. Die buurtwag het die nooddienste ontbied en die meisie is reeds op die herstelpad.
  • Die buurtwag het ondersteuning op ’n ongelukstoneel gebied nadat die bestuurder van ’n motorfiets dood verklaar is. Buurtwaglede het onder meer die toneel beveilig, die verkeer gereguleer en die nooddienste ontbied.
  • Buurtwaglede het ondersteuning gebied op die toneel waar ’n woonstel besig was om af te brand. Die buurtwag het die nooddienste ontbied en die toneel beveilig.
  • Die buurtwag is na ’n ongelukstoneel ontbied nadat ’n voertuig in ’n stroom gerol het, waarna hulle die toneel beveilig het. Hulle het ook die verkeer gereguleer en die nooddienste ontbied.
  • Buurtwaglede het in samewerking met die plaaslike SAPD ’n persoon help vastrek wat sy hond gebruik het om mense te dreig en te roof. Die persoon is uiteindelik in hegtenis geneem, terwyl die hond na ’n plek van veiligheid verskuif is.
  • het na ’n ongelukstoneel gehaas nadat ’n vragmotor en ’n ander voertuig in ’n botsing betrokke was. Die buurtwag het gehelp om die toneel te beveilig, die verkeer te reguleer en die nooddienste te ontbied.
  • Die buurtwag se protospan het in samewerking met die SAPD die gemeenskap help beveilig nadat meer as ’n honderd betogers die Ou Vereeniging-pad in Alrode versper het. Die betogers is uiteindelik teruggedryf.
  • Buurtwaglede het in samewerking met die SAPD ’n uiters suksesvolle operasie in Brackendowns gehou waartydens 963 mense en 291 voertuie deursoek is. Tydens die operasie is 21 onwettige immigrante gearresteer, terwyl drie persone ook in hegtenis geneem is vir dwelmhandel en twee ondernemings gesluit is vir die onwettige handeldryf met alkohol.
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied nadat ’n voertuig in ’n parkeerterrein gekaap is. Inligting is op die buurtwag se kommunikasiegroepe gedeel, waarna die voertuig opgespoor is.
  • Buurtwaglede het ondersteuning op ’n ongelukstoneel in Brackendowns gebied. Nooddienste is ontbied en die pasiënt is na ’n hospitaal vervoer. Die buurtwag het ook die toneel beveilig en die verkeer gereguleer.

Brakpan

  • Taklede het opleiding in intreevlaknoodhulp en intreevlakbrandbestryding vir Freeway Park Primary School se personeel aangebied.
  • Die tak het as deel van AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek die watergehalte in Brakpan getoets, asook by ERWAT (Ekurhuleni Water Care Company) se uitlaat in Jan Smutsdam.
  • Die tak het as gasheer opgetree vir ’n baie suksesvolle vergadering waartydens talle uitdagings in die gemeenskap bespreek is. Rolspelers wat dit bygewoon het sluit die SAPD, die Ekurhuleni-metropolisie, korrektiewe dienste, munisipale verteenwoordigers en nooddienste in.

Benoni

  • Die buurtwag het 3 098 km in 385 manure afgelê in ’n poging om Benoni en sy inwoners te beveilig.
  • Die tak het 75 sakke teer gebruik om 90 slaggate in Auretweg in Brentwood Park op te vul.
  • Taklede het 28 sakke teer gebruik om 31 slaggate in Moorelaan, Kimboltonstraat en Woburnlaan op te vul.
  • Die buurtwag was saam met plaaslike veiligheidsrolspelers binne minute op ’n toneel waar ’n mislukte voertuigkaping plaasgevind het. Twee van die verdagtes is gewond en ’n ander een dood verklaar op die toneel. Twee ongelisensieerde vuurwapens is ook gekonfiskeer.
  • Buurtwaglede het in samewerking met plaaslike sekuriteitsmaatskappye en die Ekurhuleni-metropolisie se taakspan ’n suksesvolle operasie gehou waartydens drie onwettige myners in hegtenis geneem is vir die besit van 13 sakke gouddraende erts en ongelisensieerde vuurwapens.
  • Die buurtwag het inligting ontvang en saam met plaaslike rolspelers opgetree om verdagtes vas te trek wat by ’n huisbraak betrokke was en in ’n bos naby Northmead geskuil het. Die verdagtes is in hegtenis geneem en van die gesteelde items is teruggevind.
  • Buurtwaglede het in samewerking met plaaslike veiligheidsrolspelers en die Ekurhuleni-metropolisie se taakspan inligting ontvang oor ’n beplande huisbraak in Northmead. ’n Operasionele plan is geïmplementeer en die verdagtes is op heterdaad betrap en in hegtenis geneem.
  • Die buurtwag het gehelp om ’n voertuig voor te keer waarvan die insittendes ’n vuurwapen op ander motoriste gerig het. Die insittendes is gevolglik in hegtenis geneem en aan die SAPD oorhandig.
  • Buurtwaglede het onmiddellik gereageer nadat ’n gesteelde voertuig in die Lakeview-gebied op hulle ANPR-kamerastelsel geïdentifiseer is. ’n Soektog is van stapel gestuur en die voertuig is uiteindelik opgespoor, waarna die SAPD die insittendes in hegtenis geneem het.
  • Die buurtwag is ontbied nadat ’n perd in ’n septiese tenk geval het tydens Nasionale Vrouedagvieringe. Danksy die gemeenskap se hulp kon die perd gered wordDanksy die gemeenskap se hulp kon die perd gered word.  
  • Buurtwaglede het ’n kat gered wat deur ’n voertuig raakgery is. Die kat is na die DBV vir versorging geneem.
  • Die buurtwag het ’n plaaslike sekuriteitsmaatskappy gehelp om ’n gesteelde Toyota Fortuner via hulle ANPR-kamerastelsel te identifiseer en uiteindelik ’n arrestasie te maak.
  • Buurtwaglede was op die toneel waar ’n motoris deur ’n palissade gery het en ’n kind gestamp is. Die bestuurder het aanvanklik weggehardloop, maar die gemeenskap het hom vinnig aangekeer.

Boksburg

  • Die buurtwag het hand bygesit op ’n toneel in Lakefield waar ’n mediese noodgeval plaasgevind het.
  • Die buurtwag het aan die noordstreek se massapatrollie deelgeneem om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede was byderhand op ’n toneel waar ’n lid van die gemeenskap ’n mediese noodgeval in Middelweg ervaar het.

Edenvale

  • Taklede het die gemeenskap gehelp om bome by Denver Park te snoei.
  • Die buurtwag het ondersteuning op ’n toneel gebied waar ’n mislukte kapingsvoorval plaasgevind het. Die verdagte is in hegtenis geneem, terwyl die slagoffer met skietwonde gehospitaliseer is.
  • Die buurtwag se hulp is ingeroep en daar is saam met plaaslike veiligheidsrolspelers en die SAPD gewerk om ’n gesteelde voertuig in Byron op te spoor.
  • Buurtwaglede het in samewerking met plaaslike veiligheidsrolspelers en die SAPD ’n gesteelde voertuig in Bedfordview opgespoor.
  • Die buurtwag het in samewerking met plaaslike veiligheidsrolspelers en die SAPD ’n gesteelde voertuig in Tenninson opgespoor.
  • Buurtwaglede het in samewerking met plaaslike veiligheidsrolspelers en die SAPD ’n gesteelde voertuig in Wellington opgespoor.  
  • Die buurtwag het gehelp om ’n huisbraak in Keats te fnuik, waarna ’n inhegtenisname gemaak is.
  • Buurtwaglede het 164 km tydens patrollies afgelê om die Edenvale-area te beveilig.
  • Taklede het as deel van AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek die gehalte van Edenvale se drinkwater getoets.

Germiston

  • Die tak se plaaslikeregeringsakeverteenwoordiger het 287 navrae deur bekommerde gemeenskapslede rondom elektrisiteit-, water- en algemene munisipale kwessies vir die munisipaliteit aangestuur.
  • Die buurtwag het in samewerking met plaaslike veiligheidsrolspelers en die SAPD aan ’n suksesvolle operasie deelgeneem waartydens twee onwettige myners in hegtenis geneem en plofstof en toerusting ook gekonfiskeer is.
  • Buurtwaglede het ondersteuning gebied in Klopperpark waar ’n persoon wat vermoedelik onder die invloed van verdowingsmiddels was aggressief geraak en voertuie beskadig het. Die verdagte is in hegtenis geneem en ’n sekuriteitsmaatskappy het hom na die naaste polisiestasie geneem.

Kempton Park

  • Taklede het nuwe linne aan die Elim-kliniek op die dorp geskenk.
  • Die buurtwag het aan die noordstreek se massapatrollie deelgeneem om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het ondersteuning in Norkem Park gebied tydens die soektog na ’n vermiste persoon wat uiteindelik in ’n mangat gevind is.
  • Buurtwaglede was betrokke by die opspoor van ’n gesteelde Toyota Fortuner.
  • Die buurtwag het in samewerking met plaaslike veiligheidsrolspelers en die SAPD aan ’n suksesvolle operasie deelgeneem waartydens agt motoriste in hegtenis geneem is vir die bestuur onder die invloed van alkohol.

Springs

  • Die buurtwag het deelgeneem aan die noordstreek se massapatrollie; 17 lede het 680 km afgelê om sigbaarheid in verskeie buurte in Springs te verhoog.
  • Buurtwaglede het die Daggafontein-gemeenskap help beveilig nadat ’n gewapen man ’n perseel probeer betree het. Die verdagte is in hegtenis geneem en aan die SAPD oorhandig.
  • Die buurtwag is na ’n ongelukstoneel ontbied nadat ’n kop-aan-kop-botsing in Endicott plaasgevind het. Buurtwaglede het die nooddienste ontbied, die toneel beveilig en die verkeer gereguleer.
  • Buurtwaglede het ondersteuning op ’n ongelukstoneel op die hoek van Paul Kruger- en Hospitaalweg gebied deur die toneel te beveilig, verkeer te reguleer en nooddienste te ontbied.

MPUMALANGA

Bethal

  • Die tak se waterpunt kan deur inwoners gebruik word indien die dorp se watertoevoer onderbreek word.
  • Die tak het in samewerking met Skipgo Teksa weekliks 30 vullisdromme in die dorp leeggemaak.
  • Taklede het talle slaggate opgevul in Tsibitsa Sibanyonistraat (voorheen Vermootenstraat).
  • Danksy die tak se gemeenskapstuinprojek is meer as 250 kg kos aan tehuise op die dorp geskenk.
  • Die tak het ’n bakkievrag nartjies by tehuise in Bethal en Morgenzon afgelaai. Die vrag is geskenk deur Wessel Piso van Piso Boerdery buite Nelspruit. Die tak het egter die vervoerkoste daarvan gedra.

Teks (Trichardt, Evander, Kinross en Secunda)

  • Die buurtwag het op verskeie ongelukstonele ondersteuning gebied deur die toneel te beveilig, nooddienste te ontbied en die verkeer te reguleer.

Delmas

  • Die Delmas Valke-buurtwag se kamerastelsel het ’n verdagte voertuig geïdentifiseer wat uiteindelik gelei het tot die arrestasie van ’n verdagte wat gesoek was in verband met ’n saak van poging tot moord.
  • Die tak het ’n skoonmaakprojek in samewerking met Delmas Herleef van stapel gestuur.
  • Taklede het ’n veiligheidsbewusmakingsaksie saam met Fortis Pro Active Defence Solutions aangebied.

Piet Retief

  • Die tak se jeugvleuel het as roetebeamptes opgetree tydens ’n fietswedren op die dorp.

Standerton

  • Die tak het ’n slaggatherstelprojek in Beyers Naudéstraat van stapel gestuur.

Middelburg

  • Taklede het ’n projek voltooi waartydens hulle die plaaslike DBV se geboue herstel en oorgeverf het.

Ermelo

  • Die tak het twee vuurvegters aangekoop. Een gaan in Ermelo gebruik word en die ander een in Chrissiesmeer.

Nelspruit

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het tydens patrollies op verskeie ongelukstonele ondersteuning gebied deur die toneel te beveilig, die verkeer te reguleer en nooddienste te ontbied.
  • Die buurtwag het aan die noordstreek se massapatrollie deelgeneem om hul gemeenskap te beveilig. 
  • Die tak het R5 000 aan die Voer vir ’n boer-veldtog geskenk.

Witrivier

  • Buurtwaglede het tydens patrollies op verskeie ongelukstonele ondersteuning gebied deur die toneel te beveilig, die verkeer te reguleer en nooddienste te ontbied.  
  • Die buurtwag het aan die noordstreek se massapatrollie deelgeneem om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het gehelp om talle veldbrande in die omgewing te bestry. 

Lydenburg

  • Buurtwaglede het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. 
  • Die tak het R3 200 aan die plaaslike sakekamer geskenk om vir hul volhoubare skoonmaakprojekte te gebruik.
  • Buurtwaglede het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel op die Burgersfort-pad. Hulle het onder meer die toneel beveilig, nooddienste ontbied en die verkeer gereguleer.

Belfast

  • Die tak se noodwaterpunte het goed gefunksioneer tydens watertekorte in die dorp.
  • Die tak se asblikprojek het daartoe bygedra om die dorp skoon en netjies te hou.
  • Taklede het R13 500 se teer aangekoop om slaggate in die dorp op te vul.

Machadodorp

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het ’n skenking van 15 000 liter water aan die Waterval Boven-gemeenskap gemaak wat onder erge watertekorte gebuk gegaan het.

Dullstroom

  • Buurtwaglede het gereeld patrollies saam met die plaaslike GPF gery om hul gemeenskap te beveilig.

LIMPOPO

Naboomspruit

  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Taklede het verskeie stoptekens opgerig en padstrepe geverf.
  • Buurtwaglede het gehelp om talle veldbrande te blus.

Warmbad

  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Buurtwaglede het gehelp om talle veldbrande te blus.

Marble Hall

  • Die buurtwag het aan die noordstreek se massapatrollie deelgeneem om hul gemeenskap te beveilig.  
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem. 

Nylstroom 

  • Die buurtwag het aan die noordstreek se massapatrollie deelgeneem om hul gemeenskap te beveilig.  
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Buurtwaglede het ondersteuning gebied ná ’n plaasaanval buite Vaalwater.

Phalaborwa

  • Die tak het skoonmaakmiddels aan die ouetehuis op Phalaborwa geskenk.
  • Taklede het die gemeenskap ondersteun tydens watertekorte in die dorp.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Groblersdal

  • Die buurtwag het saam met die SAPD gewerk om ’n veediefstalsindikaat in Groblersdal vas te trek.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Potgietersrus

  • Buurtwaglede het aan die noordstreek se massapatrollie deelgeneem om hul gemeenskap te beveilig.  
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied ná ’n huisroof op die dorp.

Ellisras

  • Die plaaswag het gehelp om veediewe vas te trek.
  • Taklede het ’n brand in en om die dorp help bestry.
  • Die tak het baie tyd en aandag aan grondeise spandeer.
  • Taklede het AfriForum se streeksberaad vir die noordstreek bygewoon.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Taklede het die myn versoek om ’n bakkie vir hulle aan te koop, waarna goedkeuring wel van die hoof van die myn verkry is.

Pietersburg

  • Die buurtwag het hulle vierde trolliepatrollie gehou.
  • Die tak het ’n nuwe bestuur aangewys.
  • Buurtwaglede het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag het kabeldiewe help vastrek.
  • Taklede het AfriForum se streeksberaad vir die noordstreek bygewoon.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Tzaneen

  • Buurtwaglede het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het die munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP) bespreek.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Taklede het AfriForum se streeksberaad vir die noordstreek bygewoon.
  • Buurtwaglede het ’n brand op ’n plaas in die omgewing bestry.

Messina

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het aan die noordstreek se massapatrollie deelgeneem om hul gemeenskap te beveilig.
  • Taklede het AfriForum se streeksberaad vir die noordstreek bygewoon.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Taklede het deurlopend gesprek gevoer met ’n veiligheidskoördineerder van hoofkantoor oor ’n belangrike projek.

Thabazimbi

  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Taklede het AfriForum se streeksberaad vir die noordstreek bygewoon.
  • Die buurtwag het nuwe toerusting vir sy lede aangekoop.
  • Die tak het ’n suksesvolle gholfdag aangebied.

SENTRAALSTREEK

VRYSTAAT

MOOIRIVIER

Bothaville

  • Die buurtwag het ongeveer 30 patrollies deur die loop van die maand gery.
  • Taklede het ’n kruising in die dorp klaar geplavei nadat die munisipaliteit hulle deel van die bakstene betaal het.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Taklede het AfriForum se streeksberaad vir die sentraalstreek bygewoon.

Heilbron

  • Die tak het ’n kontrakteur aangestel wat die volgende aksies uitgevoer het: In Kerkstraat is die randstene skoongemaak en wit en swart geverf; die vierrigtingstop by die skool in Stoffel Nelstraat se padstrepe is geverf; die padstrepe in Piercestraat is ook geverf; en die veld tussen die hospitaal en Kerkstraat is skoongemaak.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Parys

  • Taklede het voortgegaan om druk op die munisipaliteit te plaas oor die voortslepende water- en kragkrisis.
  • Die tak het iets soortgelyk aan ’n petisie van stapel gestuur wat behels dat inwoners ’n e-pos direk aan die minister van Water en Sanitasie kan stuur oor sy beloftes rakende Parys se waterkrisis wat nie nagekom is nie.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Taklede het ’n strafregtelike klagte teen die munisipale bestuurder aanhangig gemaak oor die riool wat in die Vaalrivier vloei nadat geen antwoord op ’n skrywe daaroor ontvang is nie.
  • Die tak het die munisipaliteit by Nersa, CoGTA én die gesondheidsraad verkla nadat hulle versuim het om te reageer op ’n skrywe wat handel oor die onwettige elektriese verbindings wat die munisipaliteit gemaak het en nooit herstel het nie.
  • Taklede het AfriForum se streeksberaad vir die sentraalstreek bygewoon.

Sasolburg

  • Taklede het deur die loop van die maand 2,4 ha gras gesny en 2,1 ha skoongemaak.
  • Die tak het op 26 Augustus hulle maandelikse mark by die Hoëveldse Tuine op die dorp gehou. Nagenoeg 21 stalletjies het uitgestal, waaronder die veteraanmotors. Die tak hou op elke laaste Saterdag van die maand ’n mark by die tuine.
  • Buurtwaglede het talle patrollies gery én die SAPD met verskeie operasies ondersteun.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Taklede het AfriForum se streeksberaad vir die sentraalstreek bygewoon.

Viljoenskroon

  • Taklede beplan talle nuwe projekte.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlike nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

ROSESTAD

Algemeen

  • Volhoubare skoonmaakprojekte is weekliks by die volgende plekke gehou:
  • Nelson Mandelaweg
  • Curielaan
  • Du Plessisstraat (asook die park)
  • Gardeniapark (park)
  • Rayton-Heuwelsig (parke)
  • Hillsboro (park)
  • Brits-monument
  • Ou Presidensie se tuin
  • Pres. Brand-begraafplaas
  • AfriForum se Bloemfontein-takke het ’n veldtog van stapel gestuur wat behels dat sy lede aansoek by die Mangaung-metro kan doen om moontlik te kwalifiseer vir korting op vullisverwyderingsdienste.
  • Die plaaslike takke se jeugvleuels het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem om die gehalte van Bloemfontein se water te toets. Toetse is in die noorde en suide van die stad uitgevoer.

Pellissier

  • Buurtwaglede het blitsig gereageer om ondersteuning te bied nadat inligting ontvang is dat ’n huis in ’n kompleks aan die brand geslaan het. Danksy die buurtwag se vinnige optrede en doeltreffende radiokommunikasienetwerk kon die brandweer vinnig ontbied word om die huisbrand te blus.

Wilgehof

  • Die buurtwag en NexTorch het gemeenskapslede en veiligheidstrukture na ’n flitsligdemonstrasie uitgenooi wat hulle saam aangebied het. ’n Groot teenwoordigheid het daartoe gelei dat die dag se bemarking en bewusmaking as ’n sukses beskou is

Uitsig

  • Die Uitsig- en Fichardtpark-buurtwag het ’n kabeldief vasgetrek nadat buurtwaglede in kennis gestel is dat ’n verdagte persoon kabels uit ’n straatpaal geruk het en op voet was met gesteelde eiendom. Die verdagte is uiteindelik aan die Parkweg SAPD oorhandig
  • Die Uitsig-buurtwag het in samewerking met die Fichardtpark-buurtwag en ITR Sekuriteit ’n operasie uitgevoer waartydens sluipslapers wat probleme in hierdie woonbuurte skep, vasgevat is. Drie verdagtes is onder meer vasgetrek vir die besit van tikpype, daggapype en toerusting waarmee daar by huise ingebreek word, waarna hulle aan die SAPD oorhandig is vir verdere ondersoek.

Fichardtpark

  • Die Fichardtpark- en Uitsig-buurtwag het ’n kabeldief vasgetrek nadat buurtwaglede in kennis gestel is dat ’n verdagte persoon kabels uit ’n straatpaal geruk het en op voet was met gesteelde eiendom. Die verdagte is uiteindelik aan die Parkweg SAPD oorhandig.

Rayton-Heuwelsig

  • Die buurtwag het ’n gesamentlike operasie met die Bloemfonteinse SAPD-blitspatrollie en verskeie sekuriteitsmaatskappye – waaronder Bloemsec Rapid Response, Pro Force Sekuriteit en Fidelity ADT – gehou om misdaad in die area te probeer bekamp.

Langenhovenpark

  • Die buurtwag het ’n oproep ontvang oor ’n veldbrand in Blouberglaan. Buurtwaglede het onmiddellik gereageer en die brandspan geaktiveer wat daarin kon slaag om die brand suksesvol onder beheer te bring.

Zastron

  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem om die gehalte van Zastron se water te toets.
  • Taklede het twee strafregtelike klagtes by die Zastron-polisiestasie teen die bestuurder van die Mohokare Plaaslike Munisipaliteit aanhangig gemaak oor die erge vullis- en rioolbesoedeling wat sowel ’n omgewings- as gesondheidsrisiko vir inwoners inhou.

NOORDWES

MOOIRIVIER

Klerksdorp

  • Die Songloed- en Hartbeesfontein-buurtwag, asook die Hartbeesfontein-plaaswag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die Hartbeesfontein-buurtwag én -plaaswag het gehelp met die blus van brande in die omgewing.
  • Taklede het ’n skrywe aan die munisipaliteit gerig oor die rioolbesoedeling in Van Duynstraat.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Potchefstroom

  • 191 buurtwagpatrolleerders het 128 patrollies deur die loop van die maand gery waartydens 4 060 km in 412 manure afgelê is.
  • Die tak het 72 sakke teer gebruik om 73 m² se slaggate in M.C. Roodestraat op te vul.
  • Taklede het AfriForum se streeksberaad vir die sentraalstreek bygewoon.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Stilfontein

  • Die tak se plaaslikeregeringsakeverteenwoordiger het daagliks water- en rioollekkasies, asook ander plaaslikeregeringsakekwessies onder die munisipaliteit se aandag gebring én dit opgevolg.
  • Buurtwaglede het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag het aan die sentraalstreek se massapatrollie deelgeneem om veiligheid op te skerp.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

MARICO

Lichtenburg
  • Taklede het 87 slaggate in Bantjesstraat, Charlweg en ’n gedeelte van Breëstraat opgevul. Meer as 142 sakke teer is daarvoor gebruik, asook ss60-bitumenemulsie om dit te verseël.
Brits
  • Die tak het twee herhalers aangekoop om die uitdagings wat deur die topografie van die omgewing veroorsaak word, op te los. Die gebied se bergagtige landskap, koppies, valleie en dig beboste gebiede maak dit moeilik om radioseine doeltreffend te stuur. Kommunikasie speel ’n uiters belangrike rol in die veiligheidsindustrie aangesien goeie kommunikasie die verskil tussen lewe en dood kan beteken. Die twee nuwe herhalers stel buurtwaglede met handradio’s dus in staat om duidelik en vinnig met Brits se gemeenskaplike operasionele sentrum (GOS) te kommunikeer.
  • Die buurtwag het gehelp om vier vermeende plaasaanvallers vas te trek en gesteelde goedere terug te vind. Dié buurtwag het ’n noodoproep via die AfriForum-radionetwerk ontvang oor ’n plaasaanval wat besig was om plaas te vind, waarna die plaaslike AfriForum-protospan gereageer het en eerste op die toneel was ná die aanval. Die protospanlede het daarin geslaag om die toneel te beveilig, die SAPD vir hulp ingeroep en die plaaslike AfriForum-traumaberadingsvrywilligers uitgeroep om die slagoffers by te staan.

Rustenburg

  • Die tak het ’n uitgebreide skoonmaakprojek aangepak. Daar is veral op die ou begraafplaas in Kockstraat en die oop veld by Bobbies Rugbyklub gefokus. Die digte lantanas in die begraafplaas is gesnoei en drie 6 m3-stortbakke is met lantanatakke gevul. ’n Vierde stortbak is gevul met rommel en tuinvullis wat op die oop veld opgetel is.
  • Die tak het die besluit van die Munisipale Afbakeningsraad verwelkom om nie die Rustenburg Plaaslike Munisipaliteit en die Kgetlengrivier Plaaslike Munisipaliteit saam te smelt nie. Dít volg ná AfriForum en sy spesialiste reeds op 28 April vanjaar kommentaar ingedien het teen die beplande verandering. Indien die verandering suksesvol sou wees, het dit beteken dat Koster, Derby, Swartruggens en omliggende areas deel sou vorm van die Rustenburg Plaaslike Munisipaliteit.

STELLALAND

Algemeen

  • AfriForum het vanjaar 161 vullisterreine landwyd geoudit as deel van sy nasionale projek om die gehalte van vullisterreine in Suid-Afrika te bepaal. Slegs ses uit die 23 vullisterreine wat in Noordwes geoudit is, het aan die nasionale standaarde voldoen. Kragtens toepaslike wetgewing en regulasies, waaronder die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Vullis no. 59 van 2008, moet ’n vullisterrein aan bepaalde vereistes voldoen.

Bloemhof

  • Die tak het die Lekwa-Teemane Plaaslike Munisipaliteit op 1 Augustus op terme geplaas nadat dit aan die lig gekom het dat rou riool direk in die Vaalrivier vloei. Dít volg nadat dié tak verskeie klagtes van inwoners van Bloemhof ontvang het saam met video’s en foto’s wat wys hoe rou riool vanaf die dorp se rioolwerke in die Vaalrivier vloei. Dit blyk dat die rioolstorting reeds ’n geruime tyd aan die gang is en aangesien die onwettige storting van rou riool ’n strafregtelike oortreding is, het dié tak besluit om druk op die munisipaliteit toe te pas om te verseker dat dit gestop word. 

Delareyville

  • Delareyville is nou – danksy die plaaslike tak en ’n span geesdriftige gemeenskapslede – 50 streepsakke nader aan ’n skoner dorp. Taklede het behoorlik skouer aan die wiel gesit en die dorp se strate ingevaar om vullis op te ruim en sypaadjies skoon te maak. ’n Totaal van 50 streepsakke vol vullis is in die proses opgeruim. Daar word boonop beplan om die aksie op ’n weeklikse basis voort te sit.

KWAZULU-NATAL

Pongola

  • Die tak se jeugvleuel het die plaaslike groep matrieks met pizza bederf ter voorbereiding vir die komende eksamens.
  • Taklede het tydens ’n gholfdag verversings aan die gholfspelers verskaf.

Vryheid

  • Die tak het Nersa gevra om die plaaslike munisipaliteit se elektriese verspreidingslisensie te hersien. Dít volg ná vele jare se verswakte dienslewering op elektriese verspreiding.
  • Die buurtwag het intermediêre skietopleiding aan ongeveer 45 gemeenskapslede  gebied.

Newcastle

  • Taklede het talle slaggate in die dorp se strate opgevul, asook voetoorgange by skole geverf in ’n gesamentlike projek met die Newcastle Plaaslike Munisipaliteit. 

SUIDSTREEK

NOORD-KAAP

Barkly-Wes

  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Bo-Karoo

  • Die buurtwag se jeugvleuel het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Delportshoop

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Dikgatlong Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Taklede het ’n watersloot skoon gesny en drie vragte sleepwaens se vullis opgetel en na die vullisterrein weggery.
  • Taklede het 21 slaggate in die dorp opgevul.
  • Die tak het gehelp om sowel die laer- as hoërskool op Delportshoop se watertekortprobleme op te los om sodoende te verseker dat skoolkinders toegang tot lopende water het deur die nodige toerusting en parte te skenk.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Kimberley

  • Die Kimberley-buurtwag en Modderrivier-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Sol Plaatje Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Taklede het die stad weekliks skoongemaak danksy ’n span wat met ’n bakkie en sleepwa rondry, vullis optel en dit na die vullisterrein wegry.
  • Die tak het ’n watermonster geneem by die Kamfersdam waar flaminke broei. Die uitslag daarvan dui egter aan dat baie hoë vlakke E. coli (riool) in die dam teenwoordig is.

Prieska

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Siyathemba Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.

Vaalharts

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Phokwane Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.

Warrenton

  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Kamiesberg

  • Taklede het Kamieskroon se strate gereeld skoongemaak en vullis na die vullisterrein weggery.
  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Kamiesberg Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.

Kakamas

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Kai !Garib Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Taklede het gehelp met die herstel en opgradering (verf, teer en arbeid) van die pad en toetsstasie wat vir die hernuwing van voertuiglisensies gebruik word.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Die tak het die ingang na Kakamas verfraai deur ’n tuin met plante aan te lê, asook ’n verwelkomingsbord met ligte aan te bring. Taklede het saam met ander rolspelers hieraan gewerk.

Kathu

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het die parkeerterrein voor Fit-It gereeld skoongemaak en die bome wat die tak in die parkeerterrein geplant het, natgelei.
  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Gamagara Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Keimoes

  • Die Grootoog-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het weekliks die hoofstraat en die gebied rondom die waterwiel (wat tot ’n nasionale monument verklaar is) skoongemaak, vullis na die vullisterrein weggery, die gras gesny en die beddings skoongemaak.
  • Die tak het die badkamers by die waterwiel wat vir toeriste bedoel is, skoon gehou.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Kuruman

  • Die Kuruman- en Bankhara-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Ga-Segonyana Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Die tak is besig om die beheerkamer se kameras te herstel om as ekstra sekuriteit in die dorp te dien.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Postmasburg

  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Springbok

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Die tak het saam met die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit gewerk om die plaaslike vullisterrein weer op standaard te bring. Dit is geïdentifiseer as ’n volhoubare projek.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Upington

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Die tak het gereeld druk op die plaaslike munisipaliteit uitgeoefen om oplossings te vind vir die rioolprobleem by die Kalahari-winkelsentrum.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Williston

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Karoo Hoogland               Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind .
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

OOS-KAAP

Elliot

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Taklede het AfriForum se streeksberaad in Bloemfontein bygewoon.

Cradock

  • Die tak se noodwatertenks is deur gemeenskapslede gebruik tydens die onderbreking van die dorp se watertoevoer.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Gamtoosvallei

  • Die Sondagsriviervallei- en Kirkwood-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die Kirkwood-buurtwag het ’n suksesvolle arrestasie op ’n verdagte uitgevoer ná ’n noodoproep ontvang is.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Jeffreysbaai

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het die finale fase van hulle kameraprojek uiteindelik afgehandel.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Oos-Londen

  • Taklede het AfriForum se streeksberaad in Bloemfontein bygewoon.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Port Elizabeth

  • Die Walker Drive- en Broadwood-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die Walker Drive-buurtwag het ’n kabeldief vasgetrek.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Uitenhage

  • Die Winterberg-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

WES-KAAP

Helderbergkom

  • Die tak het met verskeie veiligheidsrolspelers – wat die SAPD en ander buurt- en plaaswagte insluit – vergader met die doel om samewerking te bevorder en sodoende die gemeenskap meer weerbaar te maak.
  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Overstrand

  • Die Stanford- en Hemel-en-Aarde-plaaswag, asook die Alfa-, Fisherhaven- en Pearly Beach-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het in samewerking met Lateral Solutions ’n selfverdedigingsklas vir vroue aangebied.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Paarl

  • Die tak het sy verhoudinge met die plaaslike GPF, die SAPD en sekuriteitsmaatskappye deurgaans verbeter.
  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Stellenbosch

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Taklede het met die Stellenbosch Plaaslike Munisipaliteit vergader oor die dorp se watergehalte.

Strand

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Worcester

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Cederberg

  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Durbanville

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig, veral die sentrale sakekern.
  • Buurtwaglede het verskerpte optredes saam met die SAPD gehou.
  • Buurtwaglede het vlak 1-veiligheidsopleiding ontvang.
  • Taklede het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Kaapstad-Noord

  • Die Bellville-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig, terwyl hulle ook arrestasies help uitvoer het ná inbrake by die Herbert Street Special School.
  • Die Philippi-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Philippi-plaaswaglede het die SAPD ondersteun tydens die onlangse taxistaking.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Kraaifontein

  • Die tak het voortgegaan met sy deurlopende projek wat behels om parke skoon te maak, gras te sny en die omliggende omgewing netjies en skoon te hou.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Malmesbury

  • Die Rondeberg-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Matzikama

  • Die De Draai-, Draaihoek-, Holrivier-, Klawer-, Kleinrivier-, Koekenaap-, Lutzville-, Matzikama-, Nuwerus-, Spruitdrif-, Trawal- en Vanrhynsdorp-plaaswag, asook die Lutzville- en Vredendal-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Weskus

  • Die Langebaan-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die Hopefield-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig én observasieposte te beman.
  • Taklede was behulpsaam met klein skoonmaakaksies op die strande.
  • Die Hopefield-plaaswag en Langebaan-buurtwag se spanleiers het spanleiersopleiding ontvang.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Taklede het bome vir die nuwe seisoen geplant en saam met die onderburgemeester naamborde opgerig by unieke plante of blomme wat al langs ’n staproete aan die Weskus voorkom.

George

  • Die Geelhoutboom- en Harold-plaaswag, asook die Hoekwil-plotwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig. 
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Die tak se jeugvleuel het selfverdedigingklasse aangebied.

Hessekwa

  • Die Riversdal-buurtwag en Albertinia-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Kaap Agulhas

  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Mosselbaai

  • Die Herbertsdale- en Groter Brandwag-plaaswag, asook die Glentana- en Groot Brak-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Oudtshoorn

  • Die Oudtshoorn- en De Rust-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Robertson

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Swellendam

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Die tak het komberse aan ’n dierekliniek in Suurbraak geskenk.

Soortgelyke plasings