TAKSUKSESSE: JULIE 2022

SENTRAALSTREEK

NOORDWES

MOOIRIVIER

Algemeen

  • Die volgende AfriForum-buurtwagte het aan die organisasie se nasionale massapatrollie deelgeneem: Songloed, Hartbeesfontein, Hartbeesfontein-plaaswag, Potchefstroom, Stilfontein, Orkney, Ventersdorp en Wolmaransstad.

Klerksdorp

  • Die tak het die tweede fase van sy skoonmaakprojek – wat deel van die groter #OnsDorp-projek vorm – by Doringkruin se ingang gehou.

Hartbeesfontein

  • Die buurtwag het herlaaibare ligte aan die ouetehuis op die dorp geskenk.
  • Die buurtwag het groenteplante aan die ouetehuis geskenk vir hulle groentetonnel.
  • Die buurtwag het in samewerking met die SAPD ’n padblokkade gehou en R30 000 se boetes uitgeskryf.

Potchefstroom

  • Die buurtwag het daagliks patrollies gehou; tussen 24 Junie en 23 Julie het 196 aktiewe patrolleerders 164 patrollies gery. Altesaam 5 480 km is in 994 manure afgelê.
  • Die tak het talle plaaslikeregeringsakekwessies met die munisipaliteit bespreek.
  • Die tak het 590 sakke teer gebruik om 147 m² se slaggate op te vul as deel van AfriForum se #OnsDorp-veldtog.

Stilfontein

  • Die tak se plaaslikeregeringsakeverteenwoordiger het konstant druk op die munisipaliteit geplaas om oplossings vir probleme in die dorp te vind.

Ventersdorp

  • Die buurtwag het ekstra patrollies gery tydens beurtkrag om kabeldiefstal te verhoed.
  • Die tak het die dorp skoongemaak as deel van AfriForum se #OnsDorp-projek; 4,7 ton (395 swartsakke) vullis is op twee plekke in die dorp verwyder.

STELLALAND

Algemeen

  • AfriForum het vanjaar 162 vullisterreine landwyd geoudit as deel van dié organisasie se nasionale projek om die gehalte van vullisterreine in Suid-Afrika te meet. Slegs drie uit 23 vullisterreine wat in Noordwes geoudit is, het aan nasionale standaarde voldoen. Kragtens toepaslike wetgewing en regulasies, waaronder die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Vullis 59 van 2008, moet ’n vullisterrein aan bepaalde vereistes voldoen.
  • Die AfriForum-buurtwagte in Bloemhof, Christiana, Delareyville, Biesiesvlei en Vryburg het in samewerking met die SAPD, die plaaslike GPF, gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies op 8 Julie ’n massapatrollie in hul onderskeie gebiede uitgevoer.

Christiana

  • Die tak het as deel van AfriForum se #OnsDorp-projek gehelp om die Gekombineerde Skool Christiana te beveilig. Die tak het sebrastrepe voor die ingange van die skool geverf om sodoende te help dat leerders die strate veilig kan oorsteek. Die tak het ook gehelp om die skool se trappe te verf.

Hertzogville

  • AfriForum het klagtes by die Menseregtekommissie (MRK) teen die Tokologo Plaaslike Munisipaliteit ingedien oor riool wat sedert Augustus 2021 op ’n plaas wat aan die rioolwerke grens, vloei. Dié burgerregteorganisasie het in Mei 2022 die plaas besoek en strafregtelike klagtes teen die munisipale bestuurder aanhangig gemaak oor die besoedeling wat plaasvind. AfriForum het ook reeds verskeie briewe aan die munisipaliteit gerig oor die toestand van die dorp en kommer uitgespreek oor die vloei van riool. Tot op hede het die munisipaliteit egter geen terugvoer gelewer nie.

MARICO

Algemeen

  • Altesaam 280 patrolleerders van die AfriForum-buurtwagte in Brits, Coligny, Hartbeespoort, Mooinooi, Rustenburg en Zeerust het aan die organisasie se nasionale massapatrollie deelgeneem; 9 414 km is in 160 voertuie afgelê. 42 persone van ander instansies soos die SAPD, die GPF en sekuriteitsmaatskappye was ook by die aksie betrokke.

Mooinooi

  • Taklede het bymekaargekom om die slaggatprobleem in die dorp te takel. Dít volg nadat die Madibeng Plaaslike Munisipaliteit geen instandhouding op die paaie gedoen het nie en die gemeenskap al menigte klagtes daaroor by dié munisipaliteit ingedien het. 33 sakke Precrete van 25 kg elk is gebruik om die slaggate in Mooinooi op te vul. Altesaam 13 slaggate is opgevul, terwyl daar veral op Palmstraat gefokus is.

Brits

  • Die tak het in samewerking met ander organisasies ’n skoonmaakprojek by Damarapark gehou. Ongeveer 60 gemeenskapslede was daarby betrokke. Altesaam 1,5 ha gras is gesny en ses stortbakke vol tuinvullis en rommel is weggery.
  • Die buurtwag het inligting van die beheerkamer ontvang oor verdagtes wat besig was om ’n voertuig in die Zandfontein-omgewing te steel. Die buurtwag en PPS Sekuriteit is na die toneel ontplooi. PPS het een van die verdagtes aangekeer, terwyl ’n ander verdagte gevlug het. Die Mooinooi SAPD het die verdagte op die toneel in hegtenis geneem en beslag gelê op die gereedskap wat gebruik is om die misdaad te pleeg.

Lichtenburg

  • Die tak het ’n reuseslaggat op die hoek van 1ste Straat en 12de Laan met teer opgevul. Die oorblywende teer is gebruik om slaggate in die res van die dorp op te vul waar dit die nodigste was. Altesaam 24 ton teer is gebruik om 260 m² se slaggate op te vul.

Rustenburg

  • Die tak het sy volhoubare skoonmaakprojek voortgesit en 3,5 ha gras gesny. Die gebied rondom die burgersentrum en die veld in Pendoringlaan is skoongemaak. Agt vragte tuinvullis en rommel is uiteindelik weggery.
  • Die buurtwag het ’n patrollie by die Donkerhoek-begraafplaas gehou. 15 buurtwaglede het tussen 09:00 en 15:00 patrollie gery.

VRYSTAAT

MOOIRIVIER

Algemeen

  • Die volgende buurtwagte het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem: Bothaville, Parys en Sasolburg.

Bothaville

  • Die buurtwag het 99 patrollies deur die loop van die maand gehou. Tydens een patrollie het buurtwaglede ’n gesteelde kragmeter in die besit van ’n dief gevind en sowel die kragmeter as die dief aan die SAPD oorhandig.
  • Die tak het in samewerking met plaaslike boere slaggate op die R504 tussen die Bothaville-kruising en Brug 14 op die Leeudoringstad-pad opgevul.

Heilbron

  • Die tak het druk op die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit geplaas oor die haglike toestand waarin die dorp se vullisterrein verkeer, asook die pad aangrensend daartoe. Die munisipaliteit het gevolglik met herstelwerk begin.

Parys

  • Die tak het tydens die waterkrisis inligting aan inwoners deurgegee.
  • Die tak het nagenoeg 70 000 liter water aan die dorp se inwoners verskaf; 50 000 liter by hulle tenk en 20 000 liter afgelewer.
  • Die tak het 50 sakke teer gebruik om slaggate op te vul as deel van AfriForum se #OnsDorp-projek.

Sasolburg

  • Die tak het 2 ha gras deur die loop van die maand gesny, asook 1 ha skoongemaak.
  • Die buurtwag is uitgeroep om met hul hommeltuig na ’n verdagte te help soek; die verdagte is later in hegtenis geneem.
  • Buurtwaglede het ook gehelp met die inhegtenisname van ’n verdagte ná ’n messtekery.

Viljoenskroon

  • Die tak het begin om strate op te knap deur stoptekens te vervang, padmerkers te verf, kleiner slaggate op te vul en boomtakke op te saag as deel van AfriForum se #OnsDorp-projek.
  • Die tak het die munisipaliteit by die Menseregtekommissie (MRK) verkla oor die rioolstortings in woongebiede en op plase.
  • Danksy die tak het ’n berig in Rapport verskyn oor bogenoemde rioolstortings.

HOOGLAND

Algemeen

  • Die volgende AfriForum-buurtwagte het aan die organisasie se nasionale massapatrollie deelgeneem: Bethlehem, Bultfontein, Winburg, Harrismith, Wesselsbron, Ventersburg, Odendaalsrus en Welkom. Altesaam 73 patrolleerders en 25 rolspelers in die veiligheidsindustrie het aan die patrollie deelgeneem en 1 491 km in 47 voertuie afgelê. Die buurtwagte het tydens verskeie voorvalle hulp verleen en sewe voorvalle suksesvol hanteer.

Kroonstad

  • Een van die projekte wat deur die tak aangepak is, is die opruim van ’n groot stuk grond naby die Edelkroon-ouetehuis. Die grond is ontbos en tonne bourommel is weggery sodat die inwoners van Edelkroon in September kan begin om groente en vrugtebome daar aan te plant.

Harrismith

  • Die tak het tydens ’n slaggatherstelprojek reeds mees as 200 sakke teer in Springbokstraat en voor die laerskool gebruik om paaie meer toeganklik en veiliger vir inwoners te maak. Hierdie projek gaan voortaan as ’n volhoubare projek bestuur word.

Bethlehem

  • Die tak het in Januarie ’n volhoubare slaggatherstelprojek van stapel gestuur om die dorp se paaie meer toeganklik en veiliger te maak. Nagenoeg 81 ton teer is tot op hede daarvoor gebruik. Dít volg nadat die Dihlabeng Plaaslike Munisipaliteit nie sy verpligtinge nagekom het nie. Plaaslike ondernemings het ook ’n positiewe bydrae gelewer om te help dat die projek ’n groot sukses is.

Frankfort

  • As deel van AfriForum se #OnsDorp-projek het die tak begin om ou en vervalle verkeerstekens te vervang; die straatname op die randstene gaan ook oorgeverf word.

Winburg

  • Die tak het ’n kantoor geopen vanwaar taklede voortaan hul projekte en werksaamhede gaan dryf. Tydens die opening kon gemeenskapslede die stalletjie besoek en ’n gratis worsbroodjie geniet. Nuwe lede is terselfdertyd gewerf en ’n positiewe groeikoers word vir hierdie dinamiese tak voorspel.

ROSESTAD

Wilgehof

  • Die tak het kontrakteurs aangestel wat ’n skoonmaakprojek rondom die Hoërskool Jim Fouché van stapel gestuur het voordat die Springbok-rugbyspan daar geoefen het.
  • Die kontrakteurs het ook lang gras korter gesny in verskeie stegies en serwitute in Wilgehof en Gardeniapark wat ’n veiligheidsrisiko ingehou het. 
  • Drie van die buurtwag se protospanlede het bystand verleen tydens ’n operasie by die Tempe-weermagbasis. 
  • Buurtwaglede het gehelp om verdagtes wat staatseiendom by ’n hospitaal gesteel het, te stuit. Die SAPD het die eiendom weer aan die hospitaal se sekuriteitsdienste terugbesorg.
  • Die buurtwag het ’n verdagte aangekeer en aan die SAPD oorhandig nadat ’n fiets in Wilgehof gesteel is. 
  • Die buurtwag het gehelp om twee persone op te spoor wat deur VVA gesoek word in verband met ’n pleegsorgsaak; die maatskaplike werkers is gevolglik gekontak. Nadat informasie opgevolg is, is daar vasgestel dat die twee persone met misdaad en dwelmhandel verbind word; daar is egter geen aktiewe lasbriewe vir hul inhegtenisnemings nie. Die saak word tans deur die VVA hanteer. 
  • Elf nuwe patrolleerders het aktief aan patrollies deelgeneem en ’n oriënteringsessie bygewoon. 
  • Agt nuwe buurtwaglede is gewerf en het aangesluit. 
  • Die buurtwag het 123 patrollies gery waartydens ’n totaal van 2 408 km afgelê is. 

Pellissier

  • Anchor of Hope het die AfriForum-park namens die tak onderhou; daar is veral gefokus op die algemene netheid van die park. Die kontrakteurs het verder gefokus op die skoonmaak van sypaadjies deur rommel op te tel in Pellissierrylaan, asook binne die Brandkop-bewaringsgebied.

Hospitaalpark

  • Die tak se kontrakteurs het gefokus op die netheid van Pasteurrylaan deur vullis op te tel, dreine skoon te maak en sypaadjies te skoffel. Onkruid wat die voetpaadjie in Pasteurrylaan toegegroei het is ook uitgeskoffel en weggery.
  • Die kontrakteurs het matrasse wat aan sluipslapers behoort verwyder aangesien dit ’n veiligheidsrisiko vir inwoners inhou. Vullis is ook uit ’n pyp verwyder.

Uitsig

  • Die tak se kontrakteurs het gefokus op die skoonmaak van die park op die hoek van Napoleonstraat en Barry Richterweg waar vullis opgetel is en ’n gedeelte van die park met bossiekappers gesny is. Vullis is ook in Dapperweg opgetel en verwyder.

Langenhovenpark

  • Die tak se kontrakteurs het voortgegaan met ’n volhoubare roosboomprojek en die skoonmaak van Du Plessisstraat.
  • Die kontrakteurs is ook steeds besig met die instandhouding en opknapping van verskeie velde en parke in Langenhovenpark.

Rayton-Heuwelsig

  • Anchor of Hope help die tak tans met drie volhoubare projekte.
  • Die tak se kontrakteurs het instandhoudingswerk verrig by die speelpark in Lucas Steynweg, asook by die park en veld in David Bothasingel.
  • Kontrakteurs het die park in Flockemanstraat in Hillsboro in stand gehou.

Fichardtpark

  • Die tak se kontrakteurs het vullis in die volgende strate opgetel: Benadé-, Olive Grinter-, Hudson- en Castelynrylaan.

Bloemfontein-Noord- landelike buurtwag

  • Die buurtwag het in samewerking met omliggende buurtwagte ’n brand in Raymond Mhlabastraat bestry. (Gys Loots Sr. was een van die brandbestryders op die toneel en is oorlede toe ’n swaarvoertuig hom vermoedelik omgery het.)

KWAZULU-NATAL

Algemeen

  • AfriForum het opleiding in regsaspekte vir 139 gemeenskapslede in die provinsie aangebied. Die opleiding is in Newcastle, Vryheid, Hluhluwe en Paulpietersburg aangebied.

Pongola

  • Die tak het onlangs begin om die plaaslike vliegveld op te knap nadat die uPhongolo Plaaslike Munisipaliteit nie hierdie verpligtinge nagekom het nie. Die munisipaliteit is eintlik verantwoordelik vir die instandhouding van die vliegveld.

Pinetown

  • Die tak het skrywes aan die eThekwini-metro gerig om elektriese, riool- en infrastruktuurprobleme te bespreek wat teen ’n slakkepas herstel word.

NOORDSTREEK

GAUTENG

GROTER PRETORIA

Algemeen

  • Alle AfriForum-buurtwagte in Groter Pretoria het aan die organisasie se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Groter Moot

  • Die tak se tuinspan het voortgegaan met talle van sy projekte.
  • Die tak het die noord- én suidspruit skoongemaak.
  • Die tak het slaggate opgevul en verfwerk gedoen rondom die Hoërskool Oos-Moot.
  • Die tak het in samewerking met gemeenskapslede ’n skoonmaakprojek gehou.
  • Die buurtwag het in samewerking met die SAPD ’n sigbaarheidspatrollie gehou.
  • Die buurtwag het ’n braai vir sy patrollielede gehou.

Bronkhorstspruit

  • Die buurtwag het twee sigbaarheidspatrollies gehou.
  • Die buurtwag het ’n voetpatrollie gehou.
  • Die buurtwag het bystand verleen op ’n ongelukstoneel.
  • Die buurtwag het gehelp om twee inhegtenisnemings uit te voer.

Apiesrivier

  • Die buurtwag het gesteelde toerusting opgespoor.
  • Die buurtwag het deurlopend sigbaarheidspatrollies gehou.
  • Die buurtwag het ’n nuwe selfoon en nuwe magnete in ontvangs geneem.

Wes-Moot

  • Die tak het gehelp om voorbrande te maak.

Centurion

  • Die tak het ’n besoek deur die Tshwane-metro aan twee parke verwelkom soos ooreengekom met betrekking tot die Adopt-a-Spot-program.
  • Die tak se tuinspan het hard gewerk om gemeenskapsparke op te knap deur gras te sny en brûe en klimrame te verf.
  • Taklede het waardevolle tyd saam met AfriForum-internskapstudente spandeer wat meer kom leer het oor wat dit beteken om werklik ’n verskil in jou gemeenskap te maak.
  • Die tak het probleemgebiede in die gemeenskap besoek en planne beraam om prosesse in werking te stel om dit uit te sorteer.
  • Die tak het talle slaggate in Ashwoodrylaan, Clubview opgevul en 1 000 kg teer daarvoor gebruik.
  • Buurtwaglede het in samewerking met die Tshwane-metro, die SAPD en veiligheidsrolspelers in die gemeenskap ’n operasie gehou om onwettige brande en alkoholverbruik op straat stop te sit.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

WES-RAND EN VAALDRIEHOEK

Heidelberg

  • Die tak het 20 dae spandeer om slaggate op te vul.
  • Die tak het vier dae lank vullis in die dorp opgetel.

Krugersdorp

  • Die buurtwag het die SAPD bygestaan met die inhegtenisneming van verdagtes wat met dwelms in hul besit betrap is.
  • Die buurtwag het die SAPD bygestaan met die inhegtenisneming van ’n persoon wat in besit was van ’n SAPD-uitrusting.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Midvaal

  • Die tak het gereorganiseer.

Roodepoort

  • Die buurtwag het verhoudinge en samewerking uitgebrei tydens ’n suksesvolle vergadering met gemeenskapslede wat deel van ’n leefstylgemeenskap vorm.
  • Alle buurtwaglede het die PSiRA-eksamen afgelê en dit geslaag.
  • Buurtwaglede het wapenopleiding ontvang.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Vanderbijlpark

  • Die buurtwag het bystand gelewer op die toneel waar ’n persoon selfmoord gepleeg het.
  • Buurtwaglede het gehelp om gemoedere te kalmeer tydens ’n poging tot aanranding.
  • Die buurtwag het hulp verleen aan ’n vrou wat aangerand is.
  • Die buurtwag het bystand gebied ná ’n brand by die woning te Cramptonstraat 23.
  • Die buurtwag was op die toneel tydens ’n brand by die Herfsoord-ouetehuis; die brand het ’n buitekamer en motorhuis beskadig.
  • Die buurtwag het gereageer op ’n noodroep ná ’n brand in De Foreststraat; ’n motor het hier aan die brand geslaan.
  • Die buurtwag het bystand gelewer ná ’n motorongeluk by die Faraday-verkeersirkel.
  • Buurtwaglede het gereageer ná ’n motorongeluk op die Barrage-pad.
  • Die tak het 375 klagtes rakende kragonderbrekings ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het 63 klagtes oor waterlekkasies ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het 23 klagtes rakende rioollekkasies ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het in samewerking met die gemeenskap ’n skoonmaakprojek by die veld en substasie in Carpentierstraat gehou.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Westonaria

  • Die tak het 15 klagtes rakende kragonderbrekings ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het 14 klagtes rakende waterlekkasies ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het 17 klagtes rakende rioollekkasies ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het sewe klagtes rakende onwettige stortings ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.

OOS-RAND

Benoni

  • Die tak het die sypaadjie langs Bunyanstraat skoongemaak aangesien dit met gras en onkruid toegegroei was.
  • Die tak het ’n skoonmaakprojek naby Old Bens en Bullfrogpan gehou.
  • Die tak het ’n skoonmaakprojek tussen Patten- en Bodenweg gehou aangesien die sypaadjies met gras en onkruid toegegroei was. Taklede het ook die sypaadjies se gras gesny.
  • Die tak het onwettige tekens/borde/plakkers verwyder.
  • Die tak het ’n slaggatherstelprojek by Harrisonstraat, Howardlaan, Parkstraat en Railwaylaan gehou. 30 sakke teer is gebruik om 24 slaggate op te vul. Dié projek word as ’n deurlopende projek beskou.
  • Die tak het die Laerskool Northmead se seunskrieketspan se droom om te gaan toer bewaarheid deur vir ’n toer na Brits te betaal.
  • Die tak het ’n skoonmaakprojek by Sandpan op die hoek van Weston- en Boundaryweg gehou.
  • Die tak het kospakkies by twee kinderhuise in Hodgson- en Pittsweg afgelaai.

Springs

  • Die buurtwag het danksy sy SNIPR-kameraprojek twee gesteelde Toyota-voertuie opgespoor.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem. 20 patrollielede het 1 337 km in tien voertuie afgelê.
  • Die buurtwag het 444 manure deur die loop van die maand op patrollies spandeer.

MPUMALANGA

Bethal

  • Die tak se waterpunt kan deur inwoners gebruik word indien die dorp se watertoevoer onderbreek word.
  • Die tak se groentetuinprojek het groente aan verskeie organisasies en tehuise in Bethal, asook in omliggende dorpe gelewer.
  • Die tak het in samewerking met Skipgo Teksa weekliks 30 vullisdromme in die dorp gediens.
  • Die tak het gehelp met opruimingsprojekte rondom die munisipale werkswinkels langs die N17-snelweg.
  • Die tak het in samewerking met die plaaslike gemeenskap 100 sakke sement geborg vir herstelwerk aan paaie.
  • Die tak het in samewerking met die dorp se inwoners ’n slaggatherstelprojek in Hoëveldlaan van stapel gestuur.

Secunda

  • Die buurtwag het bystand op talle ongelukstonele gebied.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Ermelo

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Piet Retief

  • Lede van die tak se jeugvleuel was teenwoordig tydens ’n fietsrydag en het die verskillende roetes help beman.

Middelburg

  • Die tak het twee parke in die dorp opgeruim.
  • Die buurtwag het sowel ’n opleidingsdag as ’n kenmekaarbraai gehou.

Delmas

  • Die Delmas Valke-buurtwag het twee van sy lede gestuur om as hommeltuigoperateurs opgelei te word.
  • Die tak se jeugvleuel het ’n park opgeruim.

LIMPOPO

Algemeen

  • AfriForum se Limpopo-takke het aan die organisasie se #OnsDorp-projek deelgeneem.
  • AfriForum se Limpopo-buurtwagte het aan die organisasie se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Marble Hall

  • Die buurtwag het 93 patrollies deur die loop van die maand gehou.
  • Die buurtwag het in samewerking met die SAPD 200 voertuie deursoek.
  • Die buurtwag het 26 immigrante in hegtenis geneem.
  • Die buurtwag het twee persone in hegtenis geneem wat sowat 4 kg se dagga in hul besit gehad het.

Warmbad

  • Die tak het 180 sakke teer gebruik om talle slaggate in die dorp op te vul.

Thabazimbi

  • Die tak het slaggate voor die Laerskool Thabazimbi opgevul, asook in ander dele van die dorp. 75 sakke teer is daarvoor gebruik.

Soortgelyke plasings