|

Jeug maak vinnig werk van Gqeberha-veld vol rommel

Die jeugvleuel van AfriForum se Port Elizabeth-tak het op 21 April ’n deel van hul naweek afgestaan om ’n veld op te ruim wat met rommel gestrooi was. Die ses AfriForum-jeuglede het vinnig werk daarvan gemaak om rommel langs Samanthaweg op te tel. Die jeugvleuel het altesaam 23 sakke rommel gevul en weggery.

“Dié jongmense se ondernemingsgees beklemtoon AfriForum se verbintenis tot omgewingsvolhoubaarheid en burgerlike trots. As elkeen stop om ’n papier op te tel kan ons saam ’n skoner, meer volhoubare omgewing skep vir almal om te geniet,” sê Wikus van der Walt, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Kaap.

“AfriForum se Port Elizabeth-tak dra deurlopend by tot ’n veiliger en skoner gemeenskap, daarom doen die tak ’n beroep op inwoners om by AfriForum betrokke te raak sodat almal in Gqeberha vry, veilig en voorspoedig kan wees,” sluit Van der Walt af.

Raak van dag nog by die Port Elizabeth-tak betrokke. Besoek www.wordlid.co.za vir meer inligting.

Soortgelyke plasings