|

Teks-buurtwag behaal verskeie suksesse met nuwe hommeltuig

AfriForum se Teks-buurtwag (Trichardt, Evander, Kinross en Secunda) het al verskeie suksesse met hul nuwe hommeltuig behaal, waaronder ’n arrestasie. Hierdie suksesse volg nie meer as drie weke nadat die hommeltuig in April aangekoop en die twee vlieëniers opgelei is nie.

Op 1 Mei omstreeks 15:30 het die vlieëniers verdagtes opgemerk, terwyl hulle toetsvlugte met die hommeltuig gedoen het. Die SAPD in Secunda is ontbied en een persoon is in hegtenis geneem wat vermoedelik by kabeldiefstal was. Koperkabels is gevind in die omgewing waar die verdagte weggekkruip het en die polisie het al die kabels as bewysstukke ingeneem.

Dit volg nadat daar op 29 April vier sakke vol koperkabels in ’n veld naby die Secunda-begraafplaas ontdek en ook as bewysstukke by die Secunda-polisiekantoor ingehandig is.

“Ons is dankbaar om hierdie tegnologie tot ons beskikking te hê sodat ons die gemeenskap kan help,” sê Jan du Plessis, voorsitter van AfriForum se Teks-tak.

Soortgelyke plasings