| |

Veiligheid verbeter met Brits-tak se #OnsDorp-projek

Die AfriForum-tak in Brits het op 22 Julie 2022 in samewerking saam met ander organisasies ’n skoonmaakprojek by die Damara Parkie gehou. Ongeveer 60 gemeenskapslede was betrokke. Altesaam 1,5 ha gras is gesny en ses stortbakke vol tuinvullis en rommel is weggery.

“Vandat die Damara Parkie skoongemaak is, het die sluipslapers uit die openbare ruimtes getrek wat beteken dat diefstal en aanvalle moontlik sal afneem in daardie area,” sê Armand Viljoen, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico.

“Die doel van die skoonmaakprojek is juis nie net om die dorp skoon te maak nie, maar ook om misdadigers uit die area te dryf en te verhoed dat hulle skuilplek het. Met die hulp van die publiek kan AfriForum se Brits-tak die projek volhoubaar en suksesvol dryf. Donasies aan die Brits-tak is welkom of handearbeid kan verleen word.”

AfriForum se Brits-tak wil graag die volgende ondernememings en persone bedank vir hul bydrae: Monitor Net, ADT, Quentin Dunn van PPS Sekuriteit, die SAPD, AfriForum se protospan en die buurtwaglede, Talisman, Herman du Plessis, Anton Jansen, raadslede Elsa Lourens en Lardus Klopper, Aalwyn McApline, Rudi Bosch van SkipGo, Lassie Hondekos, Model Melkwinkel, Smith’s Rewinders, Heide Bloemste, All over Connection, Soetdoring Geleentheidsfonds, Health Water en Zanele Mphofo van die Madibeng Plaaslike Munisipaliteit en haar departement.

Word vandag deel van die oplossing en sluit aan by AfriForum se Brits-tak: SMS “Brits” na 45344 (R1) of skakel vir Werner Claasen by 078 800 5148.

Soortgelyke plasings