|

Verdagte wat vragmotor brand gearresteer maar SAPD se ware toets lê nog voor

AfriForum verwelkom die arrestasie van ’n verdagte in die onlangse voorval waar ’n vragmotor op die N2 by Piet Retief aan die brand gesteek is. Die organisasie meen egter dat die ware toets vir die SAPD gaan wees of die 12 persone van belang, wat geïdentifiseer is, aangekeer gaan word om werklike inligting te bekom oor die oorsprong en persone of groepe wat agter hierdie sabotasie sit.

“Hierdie verdagte is waarskynlik net ’n voetsoldaat en hierdie vinnige arrestasie moet nie die aandag aftrek van die 12 persone wat nog aangekeer moet word om die wortel van die kwaad te kan bepaal nie,” sê Johan Kruger, strategiese raadgewer by AfriForum. 

AfriForum moedig die publiek aan om enige ongerymdhede of gewelddadige optrede by vragmotors aan te meld deur hierdie nommer te skakel: 066 142 8437.

Soortgelyke plasings