|

Springbok-tak skenk immuunversterkers

AfriForum se Springbok-tak het op 6 Julie al Huis Namakwaland se inwoners en personeel – dit is altesaam 110 mense – van drie maande se immuunversterkers voorsien. Dié tak het gedurende die Covid-19-uitbreking besluit om seker te maak dat die mees weerloosste mense in hul omgewing beskerm word. Sedertdien verskaf die Springbok-tak elke jaar immuunversterkers aan die ouetehuis.

’n Gesonde immuunstelsel is uiters belangrik omdat dit die liggaam help om teen die aanslag van skadelike virusse en bakterieë te baklei. Met die skielike koue weer en verskillende siekte wat gedurende die wintermaande kop uitsteek, is dit noodsaaklik om goeie gesondheid te handhaaf deur die immuunstelsel te versterk.

“Hierdie is maar net ’n klein gebaar van deernis van ons kant af teenoor die senior burgers van ons gemeenskap en die toegewyde personeel wat hulle versorg. Ons as tak doen ’n beroep op die res van die gemeenskap wat nog nie betrokke is nie om deel van hierdie inisiatief te word,” sê Sarel Stone, voorsitter van die Springbok-tak.

“Daar is verskeie manier waarop ’n mens kan betrokke raak. Jy kan as ’n vrywilliger by die ouetehuis werk of ’n finansiële bydrae lewer. Elke bietjie maak ’n verskil,” sê Kallie Kennedy, sekretaris van die Springbok-tak

Skakel Werner Strauss by 081 217 1752 om betrokke te raak.

Soortgelyke plasings