|

Verkeerstekens opgerig om padgebruikers se veiligheid te verseker

Die AfriForum-tak in Bethal het op 20 Julie 2020 in samewerking met F. Menge Presentations & Signs verkeerstekens vervang om padgebruikers se veiligheid te verseker. Die tak het twee stoptekens en ’n toegeeteken wat Jannie Menge, eienaar van F. Menge Presentations & Signs, geborg het, in Malherbestraat opgerig.

“Malherbestraat is een van Bethal se hoofroetes en baie voetgangers beweeg daarin. Daar is ook baie kinders wat daar stap en fietsry. Ons is bly om saam met F. Menge Presentations & Signs die omgewing vir almal veiliger te maak,” sê Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Laeveld.

Die tak wil die gemeenskap aanmoedig om stoptekens by F. Menge Presentations & Signs aan te koop en die adres waar dit opgerig moet word aan die tak te verskaf. ’n Stopteken kos ongeveer R500 en sal so spoedig moontlik aangebring word.

Raak by AfriForum se Bethal-tak betrokke: SMS “Bethal” na 45350 (R1) en word deel van dié wenspan.

Soortgelyke plasings