|

Vervalle begraafplaas deur Delportshoop-tak reggeruk

AfriForum se Delportshoop-tak het onlangs ingespring en die begraafplaas op dié Noord-Kaapse dorp, wat oor die jare heen verwaarloos is, reggeruk. AfriForum se span het onvermoeid gewerk om die plantegroei om grafstene te tem en rommel op te tel en weg te ry. Selfs lede van die gemeenskap het hand bygesit het om die begraafplaas te verfraai.

“Projekte soos hierdie is van kardinale belang, aangesien begraafplase deel van ons erfenis is. Deur verantwoordelikheid vir die instandhouding van openbare ruimtes te aanvaar kan gemeenskappe verseker dat gebiede soos hierdie in die hede gerespekteer en vir die toekoms bewaar word,” sê Lize-Mari van der Linden, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Karoo.

AfriForum se Delportshoop-tak soek deurlopend na maniere om die gebied op te knap en in stand te hou. Die gemeenskap word veral by hierdie pogings betrek om die volhoubaarheid van die projekte te verseker. Besoek www.wordlid.co.za om betrokke te raak en óók ’n positiewe verskil in die gemeenskap te maak.

Soortgelyke plasings