Vryburg se AfriForum-tak toets rioolwater weer  

Tydens die onlangse blou-en-groendruppelprojek het Vryburg se rioolwater té veel fosfate bevat. Die AfriForum-tak in Vryburg het die rioolwater daarom weer getoets en dit voldoen nou aan die standaarde.

“Die probleem blyk te wees dat die chloorgasvoorraad tydens die vorige toetsing uitgeput was. Hoewel die rioolwerke deur Tecroveer bestuur word, is die Naledi Plaaslike Munisipaliteit vir die aankoop van dié chloorgas verantwoordelik. Die fosfaatprobleem was dus aan die laataflewering van die gas te wyte,” sê Alta Pretorius, AfriForum se streekskoördineerder vir Stellaland.
“AfriForum bedank graag mnr. Dries van Niekerk van Tecroveer wat die rioolaanleg ten spyte van baie uitdagings baie goed bestuur,” sluit Pretorius af.

Soortgelyke plasings