| |

Water voldoen weer aan vereiste standaarde ná opvolgbesoek

Die AfriForum-tak in Potchefstroom het met ’n opvolgbesoek aan die rioolwerke in Potchefstroom vasgestel dat die gehalte van die gesuiwerde water wat uit die aanleg vrygelaat word aan al die nodige standaarde voldoen waaraan dit moet voldoen. Dit volg nadat die tak vroeër die drink- (bloudruppelstatus) en rioolwater (groendruppelstatus) van Potchefstroom getoets het as deel van die organisasie se nasionale blou-en-groendruppelprojek.

Die tak spreek sy dank uit teenoor die personeel wat daar werksaam is vir die goeie werk wat daar gedoen word.

“Dit is lekker om by so ’n belangrike deel in die waterketting te kom en vas te stel dat die werk van hoogstaande gehalte is. Ons bedank die personeel wat dit moontlik maak,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Raak vandag nog by AfriForum se Potchefstroom-tak betrokke en help om jou omgewing beter te maak. Kontak vir Leanie van Ronge by 066 423 9239 om aan te sluit.

Soortgelyke plasings