|

Waterslaai in die Vaalrivier

Jy het die reg tot ’n skoon en veilige omgewing.

Dit het tyd geword dat die verantwoordelike partye wat ons Vaalrivier besoedel vasgevat word.

Vul die skakel in om ’n klag van menseregteskending in te dien teen die volgende partye:

  • Johannesburg Munisipaliteit
  • Emfuleni Munisipaliteit
  • ERWAT (Ekurhuleni Munisipaliteit)

’n Afskrif van jou klag sal ook gestuur word aan die minister van water en sanitasie om die saak onder sy aandag te bring.

Die swak bestuur en vervalle toestand van die rioolwerke in die drie onderskeie munisipaliteite het veroorsaak dat daar ’n oormaat E. coli. in die Vaalrivier invloei. Die gevolg daarvan is dat die oormatige hoeveelheid voedingstowwe in die water, tesame met gunstige temperature, ’n perfekte omgewing geskep het vir die groei van waterslaai en hiasinte. Hierdie twee uitheemse indringerspesies, wat as onkruid geklassifiseer is, is nou besig om ons kosbare waterbron oor te neem.

Terwyl die gemeenskap al meer as R6 miljoen bestee het om die waterslaai en hiasinte onder beheer te kry, gaan hierdie drie instansies steeds voort met besoedeling en is hulle nêrens te sien om die natuurramp op te los nie.

Dit is tyd dat hulle tot verantwoording geroep word om die gemors uit te sorteer. Stuur jou klag in sodat dit ondersoek kan word.

AfriForum, in samewerking met die gemeenskap, is ook in die proses om die waterslaai met Kilo Max-onkruiddoder te bespuit om dit onder beheer te kry. Ons is ook besig met pogings om die plante uit te haal.

Die staat het slegs R2 miljoen beskikbaar om die krisis te hanteer en het nog niks gedoen om dit onder beheer te kry nie. Die gemeenskap moet dit self doen.

Ons vra ook vir ’n donasie wat gebruik sal word om  vlieëniers te betaal om die plante met onkruiddoder te bespuit; asook vir die pogings daarna om die waterslaai uit die rivier te haal.

Bankbesonderhede:

Rekeningnaam: AfriForum NPC

Rekeningnommer: 62349898398

Taknaam: FNB Centurion

Takkode: 261550

Verwysing: Vaalrivier

Soortgelyke plasings