|

Wes-Moot-tak hou veiligheidsaksie saam met verskeie rolspelers

AfriForum se Wes-Moot-tak het op 5 November in samewerking met die SAPD, die Hercules-gemeenskapspolisiëringsforum, die Departement van Binnelandse Sake en die Departement van Korrektiewe Dienste aan ’n misdaadvoorkomingsaksie in die Hercules-omgewing deelgeneem.

Tydens die aksie is daar onder meer gefokus op die arrestasie van onwettige immigrante, die onwettige verkoop van drank, dwelmhandel en padverkeerswetoortredings.

’n Aantal rolspelers het bygedra tot die sukses van die aksie.

“Ek wil graag almal hartlik bedank vir hul tyd en bereidwilligheid om deel te wees van hierdie aksie. Saam het ons ’n groot verskil gemaak en sodoende bewys dat ons wel misdaad kan hokslaan. Daar is ’n geweldige toename in misdaad daarom moet die gemeenskap paraat wees en enige misdadige aktiwiteite, verdagte voertuie en verdagte persone aanmeld,” sê Hein König, AfriForum se leier van die Wes-Moot-buurtwag.

Om by AfriForum se Wes-Moot-tak aan te sluit, laai die Telegram-toep af en soek @AfriForumBuurtBot (https://t.me/AfriForumBuurtBot) of SMS “Wes-Moot” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings