|

Weskus-tak pak ’n veldblom-projek in Langebaan aan

Die AfriForum-tak in die Weskus het op 23 September die veldblom-projek by die Longacres Country Estate in die Langebaan-area van stapel gestuur.

“Die Weskus-tak het ’n inisiatief begin om veldblomme in die Longacres Country Estate met ’n bord wat die veldblomme se naam,  asook agtergrond oor die blom aandui, te merk. Hierdie inligtingsborde is orals langs ’n staproete geplaas sodat besoekers aan die landgoed dit kan lees. Dié tak het nie hier gestop nie, maar het ook ’n bord opgerig wat inligting oor die tak vir stappers verskaf,” sê Sidney Monk, voorsitter vir die Weskus-tak.

“Blomme het ’n ryk geskiedenis en dit is vir ons belangrik om van hierdie geskiedenis bewus te wees en seker te maak ons beskerm die voortbestaan van dié blomme,” sluit Monk af.

AfriForum se Weskus-tak moedig die Weskus-gemeenskap aan om by dié tak betrokke te raak om sodoende ’n daadwerklike verskil in hul gemeenskap te maak: SMS “Weskus” na 45350 (R1) om vandag nog aan te sluit.

Soortgelyke plasings