|

Kraaifontein-tak dra tot ’n skoner en groener toekoms by

AfriForum se Kraaifontein-tak het op 24 September ’n skoonmaakprojek van stapel gestuur. ’n  Parkie in Kraaifontein is opgeruim en meer as 50 spekbome (Portulacaria Afra) is geplant om ’n skoner omgewing vir die inwoners te skep en terselfdertyd te help dat die woonbuurt nie verder agteruitgaan nie.

“Die Kraaifontein-tak het dit goedgedink om self verantwoordelikheid te neem en in die proses die park skoon en netjies te maak deur 50 spekbome te plant,” sê Eswill Mouton, omgewingsakebeampte vir AfriForum se Kraaifontein-tak.

“Hoekom juis spekbome? Spekbome is die plant wat die effektiefste is om koolstofdioksied in suurstof om te skakel. Ons besoedel die aarde en kort plante soos hierdie om dit teen te werk,” sluit Mouton af.

Die Kraaifontein-gemeenskap word aangemoedig om by dié AfriForum-tak betrokke te raak om sodoende ’n daadwerklike verskil in hul gemeenskap te maak: SMS “Kraaifontein” na 45350 (R1) om vandag nog aan te sluit.

Soortgelyke plasings