Olienhout,olienhoutboom
|

Malmesbury-tak plant bome by stadsaal

Die AfriForum-tak in Malmesbury het op 27 September in samewerking met die Swartland Plaaslike Munisipaliteit bome by die stadsaal geplant om die perseel op te helder.

“Die tak het die munisipaliteit genader om uit te vind of daar iewers ’n behoefte is om bome te plant. Die munisipaliteit het ingestem dat daar by die stadsaal bome geplant kan word om dit te verfraai. Daar is vyf olienhoutbome (olea europaea subspesie cuspidata) geplant wat in die toekoms baie skaduwee vir die besoekers aan die stadsaal sal bied,” sê Johan Visser, omgewingsakebeampte van AfriForum se Malmesbury-tak.

“Deur net een boom te plant, is jy reeds besig om die omgewing te help. Dit is belangrik om nie net aan vandag te dink nie, maar om ook aan die toekoms te dink,” sluit Visser af.

Die tak moedig die Malmesbury-gemeenskap aan om by hul eie AfriForum-tak betrokke te raak om ’n daadwerklike verskil in hul gemeenskap te maak: SMS “Malmesbury” na 45350 (R1) om vandag nog aan te sluit.

Soortgelyke plasings