|

Williston-tak maak verskil by ouetehuis met #OnsDorp-projek

Die AfriForum-tak in Williston het op 15 Julie vars groente aan die Emmanuel-ouetehuis op die dorp geskenk as deel van hierdie organisasie se #OnsDorp-projek. Beet, pampoen, aartappels, boontjies, uie, wortels, rys en benodighede vir sop is aan die ouetehuis oorhandig, asook ’n bederfpakkie vir elkeen van die bejaardes.

Hierdie gebaar was ’n groot en trotse oomblik vir die tak. Daar is 24 permanente inwoners in die ouetehuis.

Die Karoo het vir agt jaar onder erge droogte gebuk gegaan wat veroorsaak het dat die Emmaneul-ouetehuis nie meer gereeld skenkings van die boere in die distrik ontvang nie. Goeie reën het vanaf Oktober 2021 geval, maar baie instansies en boere trek nog swaar om kop bo water te hou.

“Elke skenking maak ’n groot verskil aan die lewenskwaliteit van die bejaarde inwoners wat jare gelede voorvatters op die plase en in die kombuise was,” sê Marmel Louw, voorsitter van die Williston-tak.

Maak vandag nog ’n verskil in jou gemeenskap en raak betrokke by jou plaaslike AfriForum-tak: SMS jou naam na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings