|

Worcester-tak en ander deel bederfpakkies by Shalom-ouetehuis uit

Die AfriForum-tak in Worcester het op 2 September saam met die Beavers Boland SMC Motorfietsklub bederfpakkies uitgedeel by Shalom, die Nasionale Instituut vir Dowes (NID) se tehuis vir dowe bejaardes. Hierdie pakkies het onder meer ook alledaagse benodighede soos toiletware bevat.

Die tak beskou dit as ’n voorreg om deel te kon wees van hierdie aksie en beoog om nog meer ouetehuise in die dorp te besoek. “Daar is ongelooflik baie hulp nodig by hierdie tehuise en dit beteken vir die inwoners baie dat mense ’n oomblik afknyp om saam met hulle tyd te spandeer,” sê Jacques Benade, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland.

“Ons wil graag die Beavers Boland SMC bedank vir die geleentheid asook NID vir die vriendelike verwelkoming wat ons ontvang het,” sê Bianca Venter, omgewingsakebeampte by die Worcester-tak.

Lede van die gemeenskap word aangemoedig om by AfriForum se Worcester-tak betrokke te raak en aktief te wees in hul gemeenskap. Raak betrokke by www.wordlid.co.za.

Soortgelyke plasings