| |

Waterskok: Kamferdam hou gesondheidsrisiko in vir mens én dier

Watertoetse wat AfriForum die afgelope week by Kamferdam buite Kimberley gedoen het, toon dat water in dié dam ’n kommerwekkende gesondheidsrisiko vir mens én dier inhou. AfriForum het intussen ook die Sol Plaatje Plaaslike Munisipaliteit van die toetsresultate in kennis gestel en beklemtoon dat die organisasie met regstappe sal begin indien die probleem nie dringend getakel word nie.

Kamferdam is die tuiste van minstens 60 verskillende watervoëls en ’n belangrike broeiplek van die kwesbare groot- en kleinflamink. 

Die toetse vorm deel van AfriForum se Blou-en-groendruppel-watertoetse wat gedurende Augustus op ’n nasionale vlak onderneem word. Bevindinge van dié toetse sal later vanjaar vrygestel word. Intussen is die Kamferdam-monster by die privaat geakkrediteerde laboratorium PathCare getoets.

Volgens Werner Strauss, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Noord-Kaap, hang ’n geweldige stank in die lug by Kamferdam. Dit was juis dié reuk en die vermoede dat die dam moontlik met rou riool besmet is, wat hom genoop het om ’n watermonster vir toetsing daar te neem.

“PathCare se toetsresultate het my vermoedens bevestig. Uitermatige hoë vlakke van kolivormige bakterieë is in die water aangemeld, en dit is asof ’n miljoen mense se riool reguit in die dam inloop,” sê Strauss.

“Dit is veral tragies omdat riool vryelik inloop op ’n plek wat broeiplek en water vir flaminke, eende, ganse en verskeie ander voëls en diersoorte in en om die dam bied. Selfs beeste en skape wei ook langs dié dam en drink van die besmette water.”

Soortgelyke plasings