RIV-veldtog: AfriForum maak Secunda-begraafplaas skoon


Die AfriForum-tak in Secunda het die begraafplaas in dié dorp skoongemaak en ontbos. Dit vorm deel van die burgerregtewaghond se Rus in Vrede-veldtog wat op die opknapping en instandhouding van begraafplase fokus.
Die tak het meer as 40 sakke rommel opgetel, die gras gesny en die terrein ontbos. Na afloop van dié aksie het die tak ook 60 sakke rommel voor die Coron Place- en Nerina-woonstelblok opgetel.
Volgens Fanie van Zyl, voorsitter van omgewingsake by die plaaslike tak, word talle soortgelyke aksies in dié dorp beplan.

“Ons is hier om ’n positiewe verskil in ons dorp en gemeenskap te maak. Die tak nooi alle inwoners uit om ook deel van die span te vorm.”
“Gemeenskappe kan deur selfdoenaksies die toekoms in hul eie hande neem. Inisiatiewe soos dié skep hoop in ’n gemeenskap en is ’n voorbeeld van hoe selfstandigheid deur gemeenskapslede bewerkstellig kan word,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se streekskoördineerder vir Mpumalanga-Wes.

Raak vandag by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke. SMS “Begraafplaas” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings