AfriForum se Bethlehem-tak gryp in by vullisterrein


Na afloop van die vullisterreinoudit wat AfriForum se Bethlehem-tak vroeër vanjaar uitgevoer het was dit reeds duidelik dat sowel die Môrelig-vullisterrein as Bethlehem se amptelike vullisterrein nie aan die voorgeskrewe wetlike standaarde voldoen nie.

Die brandweerdiens het weer eens gesukkel om ’n brand wat op 11 September by die Môrelig-vullisterrein uitgebreek het onder beheer te kry. Weens die ophoping van vullis wat nie na amptelike vullisterreine verskuif is nie, was die brandende rommel egter té kompak om suksesvol bestry te word.
Die Dihlabeng Plaaslike Munisipaliteit het op 12 September ’n stootskraper na die terrein ontbied om met die verwydering van die vullis te help, maar moes dit weer onttrek ná die stootskraper onklaar geraak het. AfriForum se Bethlehem-tak het ingegryp en op eie onkoste ’n stootskraper gaan huur om die brandende vullis oop te krap, wat die brandweer uiteindelik in staat gestel het om die brand te blus.

“Wanneer gaan ons as inwoners van Bethlehem ons voet dwars sit oor swak dienslewering?” vra Isolde Laesecke, voorsitter van AfriForum se Bethlehem-tak.

AfriForum is slegs so sterk soos sy lede. Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS “Bethlehem” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings