|

AfriForum se Parys-tak verwyder boom wat pad gedeeltelik versper

Die AfriForum-tak in Parys het op 25 Oktober 2021 ’n groot boom in Fickstraat verwyder nadat dit omgeval het en ’n gevaar vir motoriste ingehou het omdat dit gedeeltelik in die pad gelê het. Die AfriForum-span het die boom opgesaag en verwyder sodat die verkeer weer kon vloei.

Die tak het ook ’n stopteken opgerig nadat die Parys Gazette berig het oor dié verkeersteken in Waterstraat wat in die grond weggesak het. Die stopteken wat nie duidelik sigbaar was nie, het ook ’n gevaar vir motoriste ingehou.

Volgens Fanie Kruger, voorsitter van AfriForum se Parys-tak, doen die tak hierdie vir die gemeenskap omdat elkeen in die gemeenskap sy deel moet doen om die dorp te verbeter. “Ek nooi die A-blok se mense uit om eerskomende Saterdag te kom help om slaggate naby die Rooidam te herstel,” sê Kruger.

“Wat hierdie optrede so merkwaardig maak, is dat AfriForum ’n gemeenskapsorganisasie is en hierdie vrywilligers nie vergoed word vir die werk wat hulle tot voordeel van die gemeenskap doen nie. Dit is lekker om te sien dat daar nog mense is wat vir hulle dorp en gemeenskap omgee,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier. Die gemeenskap word aangemoedig om by dié AfriForum-tak betrokke te raak om sodoende ’n daadwerklike verskil te maak. Skakel 082 090 2563 om betrokke te raak of SMS “Parys” na 45344 (R1).

Soortgelyke plasings