|

AfriForum se Wes-Moot-tak help tydens skoonmaakprojek in Claremont

AfriForum se Wes-Moot-tak in Pretoria het op 26 Maart 2022 gehelp om die bebosde veld in Mineralstraat, Claremont, skoon te maak nadat ’n lid van die gemeenskap die tak gekontak het vir hulp. Die jeug van die Wes-Moot-tak het saam met HGPF tydens die skoonmaakprojek gehelp om die gebied netjieser en veiliger te maak.

Die gras is met bossiekappers gesny en die gebied is ook ontbos aangesien daar sluipslapers in daardie bosse slaap.

“Baie dankie aan almal wat by die skoonmaakprojek betrokke was. Wanneer gemeenskappe saamwerk kan ’n skoner en veiliger omgewing geskep word,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Noord.

Raak vandag nog by AfriForum se Wes-Moot-tak betrokke en word deel van die oplossing: SMS jou naam na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings