|

Christiana-tak verf strate as deel van #OnsDorp-projek

Die AfriForum-tak in Christiana het as deel van die organisasie se #OnsDorp-projek gehelp om die Gekombineerde Skool Christiana ’n veiliger plek te maak

Die tak het op 15 Julie sebrastrepe voor die ingange van die skool geverf om sodoende te help dat leerlinge die strate veilig kan oorsteek.  Die tak het ook gehelp om die skool se trappe te verf.

“Dit is vir ons belangrik om ons dorp veiliger en skoner te maak.  Die jeug het saam ingespring om die projek aan te pak.  Dit is vir ons lekker om die jeug by hierdie aksies te betrek om hulle op so manier betrokke te kry en ’n trots vir hulle dorp te skep. Ons wil graag meer doen om almal in die gemeenskap by projekte te betrek en saam ’n verskil in ons dorp te maak,” sê Bianca van der Westhuizen, voorsitter van die Christiana-tak.

Die buurtwag het ook deurlopend patrollies gery om misdaad te bekamp en sigbaarheid in die dorp te verhoog met die doel om misdadigers die gebied te ontsê.

“Projekte soos hierdie help om die sigbaarheid van gemeenskap werk te verhoog en maak die dorp ’n veiliger plek vir almal.  AfriForum se Christiana-tak sal voortgaan om sigbaarheid in die gemeenskap te verhoog en hulp te bied waar nodig,” sê Jp Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir Stellaland.

Die AfriForum-tak in Christiana beplan om verskeie projekte in die komende maande aan te pak en wil graag die gemeenskap uitnooi om saam aan hierdie aksies deel te neem. Die tak het ook ’n sterk jeugvleuel en wil graag die jeug nooi om ook meer betrokke te raak by aksies wat gedryf word. Besoek gerus AfriForum Christiana op Facebook vir meer inligting oor toekomstige projekte.

Raak vandag nog by AfriForum betrokke. Jy kan help om jóú omgewing te verbeter: SMS jou naam na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings