|

Springbok-tak maak opritte skoon

Die AfriForum-tak in Springbok het die week die op- en afritte van die N7 en die N14  skoongemaak. Hierdie hoofweë is uiters belangrik aangesien dit die hoofroetes in en uit Springbok is, maar die munisipaliteit versuim al ’n geruime tyd om die skouers van die paaie in stand te hou.

Die tak het met Alex van der Heever, ’n plaaslike besigheidsman van EMC Paneelkloppers,  wat die  werkers verskaf het om die opruimingswerk te doen, terwyl AfriForum die vullis en rommel weggery het.

“Op die oomblik is daar heelwat toeriste wat die Namakwa-distrik besoek omdat dit blommetyd is. Om vullis tussen die blomme te sien kan moontlik die distrik se toerismebedryf in die toekoms belemmer of veroorsaak dat mense nie weer kom nie. Een van die distrik se grootste bron van inkomste is die toeriste wat deur Springbok in die Namakwa-distrik beweeg,” sê Sarel Stone, AfriForum se voorsitter van die Springbok-tak.

Die tak doen uitstekende werk in die gemeenskap. Dit is wonderlik om te sien watter groot verskil hulle maak,” sê Werner Strauss AfriForum se distrikskoördineerder vir die Kalahari.

Stone wil ook die publiek aanmoedig om by projekte soos dié betrokke te raak en skenkings te maak.

Jy kan help om ’n verskil in jou gemeenskap te maak: SMS “Springbok” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings