|

Swart-aanrandingsaak oorgeplaas na streekhof ná privaatvervolgingseenheid ingryp

Die strafsaak waarin Nicolene Swart se man daarvan aangekla word dat hy haar aangerand het met die doel om haar ernstig te beseer, is vandag (in opdrag van die direkteur van openbare vervolgings (DOV) in Gauteng) in die Pretoria-Noord-landdroshof na die streekshof oorgeplaas vir verhoor. Die verhoor sal na verwagting van 7 tot 9 Junie 2022 duur. 

Dit volg nadat die verhoor op verskeie vorige geleenthede uitgestel is en die saak van die rol geskrap is. AfriForum se privaatvervolgingseenheid het ingevolge ’n waaksaamheidsopdrag van Swart vertoë aan die DOV gerig en ook aangedui dat hulle bereid is om privaat te vervolg. Daarna het die DOV in Mei 2021 opdrag gegee dat die beskuldigde summier vervolg moet word.

“Ons verwelkom die oorplasing van die saak na die streekhof gegewe die erns van hierdie geval van geslagsgebaseerde geweld. Ons sal voortgaan om die klaer by te staan in die saak om toe te sien dat geregtigheid geskied,” sê adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid.

Soortgelyke plasings