|

Overstrand-tak doen beroep op departement om perlemoenstropers vas te trek

Die perlemoen wat aan die Suid-Afrikaanse kuslyn voorkom is inheems aan Suid-Afrika en die onwettige stroping daarvan hou risiko’s vir die voortbestaan van dié spesie in. Dié voortslepende probleem het AfriForum se Overstrand-tak genoop om te help om hierdie misdrywe stop te sit.

Die Overstrand-tak het met die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye in Hermanus vergader en versoek dat dié tak toegelaat moet word om in te gryp om die Wet op Lewende Mariene Hulpbronne (Wet 18 van 1998) te handhaaf. AfriForum se Overstrand-tak gaan nou met behulp van AfriForum se Alfa-buurtwag perlemoenstropers stuit.

Afriforum Overstrand het met die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye (DAFF)  Hermanus vergader en gevra dat die wet toegepas word. Die wet wat hierna verwys word is die Marine Living Resources Act 18 van 1998. Die departement het onderneem om strenger op te tree om hierdie wet toe te pas.

“Ons is bly dat daar stappe gedoen word om die skulpdier te bewaar. Perlemoenstropery is ’n ernstige oortreding en dit is veral in die Overstrand ’n reuseprobleem,” sê Jacques Benade, distrikskoördineerder vir AfriForum in die Boland.

Die Overstrand-tak gaan binnekort nuwe kennisgewingborde in die area aanbring om besoekers in te lig oor wat hulle mag en nie mag doen nie.

Besoek www.wordlid.co.za om deel te word van die Overstrand-tak en Alfa-buurtwag.

Soortgelyke plasings