|

AfriForum bied wapenopleiding aan Mosselbaai se jeug

Die jeug-vleuel van AfriForum se Mosselbaai-tak het die afgelope naweek (3 Augustus) die inisiatief geneem om jongmense oor wapenveiligheid te leer en hul te wys hoe om veilig met ’n vuurwapen om te gaan. Dié tak het spesifiek daarop gefokus om jongmense die basiese beginsels van wapenveiligheid te leer. Die deelnemers het boonop ook die geleentheid gehad om verskillende kaliber wapens te hanteer en oefenskote daarmee af te vuur.

“Dit is uiters belangrik dat mense van ’n jong ouderdom af die basiese beginsels en veiligheidsreëls leer voordat hulle ’n wapen hanteer. Veiligheid en voldoende opleiding in beveiliging is vir AfriForum en sy 160 takke oor die land heen ’n groot prioriteit. Dit is bemoedigend om te sien dat ons jeuglede die tyd afgestaan het om oor wapenveiligheid te leer en hulself te bemagtig,” sê Marthinus Erasmus, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Suid-Kaap.

Kennis is mag en kennis in die korrekte hantering van ’n vuurwapen kan in ’n noodsituasie die verskil tussen lewe en dood beteken. Neem vandag nog jou veiligheid in jou eie hande en raak betrokke by jou naaste AfriForum-veiligheidstruktuur. Stuur ’n e-pos aan marthinus.erasmus@afriforum.co.za of skakel Erasmus by 081 216 9602 om meer hieroor te wete te kom.

Soortgelyke plasings