|

AfriForum bring verligting tydens Johannesburg-waterkrisis

In die lig van die huidige waterkrisis in Johannsesburg, het AfriForum se Johannesburg-Noord-tak op 7 Maart  ’n ooreenkoms met Aqua Earth Consulting aangegaan om drinkwater gratis aan die gemeenskap te verskaf. Inwoners van sekere dele van Johannesburg se krane is nou al bykans twee weke leeg nadat daar kragprobleme by die Eikenhof-waterpompstasie ondervind is.

AfriForum het kontak gemaak met Albertus Lombaard van Aqua Earth Consulting en hy het onmiddellik ingestem om hul laboratorium-getoetste filtreerde boorgatwater gratis aan die gemeenskap in nood beskikbaar te stel. Dié maatskappy het die boorgat by hul kantoor en hul watertrokkie beskikbaar gestel. Die gemeenskap het steeds toegang tot hierdie water.

Nog ’n uitdaging, wat AfriForum se Johannesburg-Noord-takbestuur opgemerk het, is dat sommige gemeenskapslede nie self water by die waterpunte kan gaan haal nie.

“Waar moontlik, probeer AfriForum altyd om ’n verskil in gemeenskapslede in nood se lewens te maak. Om hierdie rede het AfriForum ook ingespring om water by diegene te gaan aflewer wat nie daartoe instaat is dit om self te gaan haal nie,” sê Hendri van der Loo, AfriForum se voorsitter vir die Johannesburg-Noord-tak.

Kontak die AfriForum-tak vir Johannesburg-Noord by 076 999 5343 indien jy wil deelword van hierdie gemeenskap-wenspan.

Soortgelyke plasings