| |

AfriForum-buurtwag help om gesteelde voertuig in Gqeberha terug te vind

AfriForum se Walker Drive-buurtwag het op 13 Mei gehelp om ’n gesteelde Toyota Hilux met ’n koelkas op terug te vind. Hierdie sukses volg nadat ’n AfriForum-patrolleerder ’n noodoproep ontvang het oor ’n bakkie wat ongeveer 13:00 langs die N2 in Gqeberha gesteel is. Die verdagtes het die bestuurder van die bakkie by Njoli Square afgelaai.

Die patrolleerder kon daarin geslaag om die voertuig verlate by ’n adres in Missionvale op te spoor waar hy die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) na die toneel ontbied het. Die bestuurder is ook later ongedeerd opgespoor.

Die toneel is aan die SAPD oorhandig om die nodige ondersoeke in te stel.

“Goeie samewerking met die SAPD en verskeie ander veiligheidsrolspelers maak dit vir ons moontlik om hierdie suksesse te behaal. Ons sal ook ons verdere samewerking gee sodat die verdagtes vasgetrek kan word,” sê Hannes Oosthuizen, leier van AfriForum se Walker Drive-buurtwag.

Sluit vandag by jou plaaslike AfriForum-buurtwag aan: Besoek www.wordlid.co.za om aan te sluit.

Soortgelyke plasings