|

AfriForum-buurtwaglede maak gru-vonds in park

Die Brits-tak het na aanleiding van ’n liggaam, van ’n onbekende persoon, wat op 5 Februarie in ’n park in Van Deventerstraat ontdek is, besluit om met die plaaslike gemeenskap hande te vat en Kareepark in Bodensteinstraat op 6 Februarie skoon te maak. Lang gras is ’n groot veiligheidsrisiko vir die omliggende gemeenskap.

Een van die Brits-buurtwaglede het die liggaam ontdek nadat buurtwaglede op ’n boodskap van ’n inwoner gereageer het wat vermoed het dat iets nie in die park pluis was nie. Alle rolspelers soos Protego Sekuriteitsgroep, Monitor Net, PPS Monitering en Reaksie sowel as ons buurtwaglede was spoedig op die toneel. Die plaaslike polisie is gekontak en het bevestig dat ’n voertuig uitgestuur sal word.

“Hierdie is weereens ’n bewys van hoe goed samewerking tussen buurtwagte en sekuriteitsmaatskappye die gemeenskap se veiligheid kan bevorder. Dit dui ook op die belangrikheid van buurtwagstelsels en hoe effektief dit is om oë en ore op die grond te hê. Baie dankie aan almal wat reageer het en so gou op die toneel hulp verleen het,” sê Stephan Roos, voorsitter van die Brits-tak.

“Ons wil graag die gemeenskap bedank vir al hul hulp, saam maak ons ’n verskil,” sê Armand Viljoen,  distrikskoördineerder vir Marico.

Skakel vir Johan de Klerk op 082 415 0987 om by die Brits-buurtwag aan te sluit. Dié tak moedig die gemeenskap aan om vandag nog betrokke te raak en deel van die oplossing te word: SMS “Brits” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings