| |

AfriForum-buurtwagte hou nasionale massapatrollie

Die AfriForum-buurtwagte regoor Suid-Afrika het in samewerking met die SAPD, die plaaslike GPF, gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies ’n massapatrollie op 8 Junie 2022 in hul onderskeie gebiede uitgevoer om polisiëringsigbaarheid te skep. Die aksie het omstreeks 18:00 begin en tot 08:00 die volgende oggend voortgeduur.

Altesaam 2 090 patrolleerders het aan die nasionale patrollie deelgeneem en 72 176 km in 1 634 voertuie afgelê. Gedurende die patrollie het die buurtwagte op 88 voorvalle oor die land heen gereageer.

“Afgesien van die hoë brandstofpryse het AfriForum-lede en die ander organisasies nog steeds meer as 72 000 km gery om ’n verskil in hul onderskeie woonbuurte en op plase te maak. Meer as 155 AfriForum-buurtwagte sal voortdurend projekte aanpak en gereeld patrollies hou om misdaad in samewerking met die SAPD en ander veiligheidsinstansies hok te slaan en veiligheid te bevorder,” sê Raymond Hohls, AfriForum se waarnemende hoof van veiligheid.

Raak vandag nog by AfriForum se buurtwagte betrokke. Jy kan help om jóú omgewing te beveilig: SMS “Buurtwag” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings