|

AfriForum-buurtwagte in Marico neem deel aan nasionale massapatrollie

Die AfriForum-buurtwagte in die Marico-streek het in samewerking met die SAPD, die plaaslike GPF, gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies ’n massapatrollie op 8 en 9 Julie gehou. Die aksie het omstreeks 18:00 begin en tot 03:00 die volgende oggend voortgeduur.

Altesaam 280 patrolleerders het aan die patrollie deelgeneem en 9 414 km in 160 voertuie afgelê. Daar was ook 42 persone van ander instansies soos die SAPD, die GPF en sekuriteitsmaatskappye betrokke by die aksie. Die AfriForum-buurtwagte wat deelgeneem het, was Brits, Coligny, Hartbeespoort, Mooinooi, Rustenburg en Zeerust.

Daar is sewe voorvalle in die streek aangemeld wat wissel van motorongelukke, betreding, hantering van persone onder die invloed van drank en dwelms, en poging tot inbraak. Waar arrestasies gemaak is, is die verdagtes aan die polisie oorhandig.

“Dit was fantasties om te sien hoe baie AfriForum-buurtwagte en hul lede ten spyte van die koue aan die nasionale patrollie deelgeneem het. AfriForum-buurtwagte is altyd gretig om misdaad te bekamp en om die paaie vir die verskeie gemeenskappe te beveilig. Wanneer daar min voorvalle plaasvind dan weet ons ons doen iets reg,” sê Armand Viljoen, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Marico.

Raak vandag nog by AfriForum se buurtwagte betrokke. Jy kan help om jóú omgewing te beveilig: SMS “Buurtwag” na 45344 (R1).

Soortgelyke plasings