AfriForum-buurtwagte in Noord-Kaap neem aan nasionale patrollie deel


Die AfriForum-buurtwagte in die Noord-Kaap – wat Kuruman, Kathu, Upington en Keimoes insluit – het op Vrydag 19 Oktober 2018 aan ’n nasionale patrollie deelgeneem.
Dié vier AfriForum-buurtwagte en 217 patrolleerders het bykans 4 023 km in 133 voertuie afgelê. Agt voorvalle is aangemeld en suksesvol in samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) hanteer. Sewe ander veiligheidsinstansies, waaronder gemeenskap­polisiëringsforums (GPF’s), sekuriteitsmaatskappye en die SAPD, was ook by die patrollie betrokke.

“AfriForum loods hierdie nasionale patrollies om sigbaarheid en samewerking te verbeter om die veiligheid van ons gemeenskappe te bevorder,” sê Gonda Louw, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Kalahari.
“AfriForum doen ’n beroep op gemeenskappe om betrokke te raak en self hul veiligheid te prioritiseer, eerder as om van die staat afhanklik te wees. Raak by enige plaaslike veiligheidsinstelling in jou omgewing betrokke en word deel van die oplossing,” sluit Louw af.

Sluit vandag nog by AfriForum aan: SMS “Buurtwag” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings