AfriForum dien kommentaar oor GPF-konsepbeleid in


AfriForum het kommentaar oor die gemeenskapspolisiëringsforums (GPF’s) se 2017-konsepbeleid ingedien. Dié beleid bied duidelikheid oor die funksies en rol van die GPF en hul rade, en die verantwoordelikhede van verskeie belanghebbendes.
In die beleid word ook melding gemaak van vrywillige veiligheidstrukture wat nie parallel tot die GPF moet funksioneer nie, meer eerder binne die GPF moet ressorteer.
AfriForum se kommentaar behels dat die onafhanklikheid van vrywillige veiligheidstrukture behou word en nie direk onder die GPF ressorteer nie.

“Die GPF is ’n regeringsgedrewe poging om gemeenskappe by misdaadbekamping betrokke te kry en om as ’n gespreksforum tussen die SAPD en die publiek te dien. Die publiek moet vry wees om by veiligheidstrukture betrokke te raak sonder enige vorm van regeringsinmenging,” sê Johandré van Zyl, AfriForum se streeksveiligheidskoördineerder vir die Wes-, Oos- en Noord-Kaap.

AfriForum sal voortdurend die beleiduitvaardigingsproses moniteer.
Enige persoon wat by AfriForum se veiligheidstrukture betrokke wil raak, kan die woord “Veilig” na 45353 SMS (R1).

Soortgelyke plasings