|

AfriForum en die Daisies ruim Chrissiesmeer op

AfriForum se Ermelo- en Chrissiesmeer-tak en die span van die Daisies het van 2 tot 6 Oktober 2023 ’n skoonmaakprojek in die dorp voltooi.

Vullis is tydens dié projek vanaf Florence Wholesalers tot by die laerskool opgetel. Lede het ook die ingange na die sakeondernemings herstel omdat die randstene van die hoofpad baie steil en skerp was. Hierdie ingange is met doloriet opgevul sodat motoriste die parkering kan gebruik sonder dat voertuie skraap.

“Ons dorp is afhanklik van toerisme en as die dorp sleg lyk, is daar mense wat eerder verby ry as wat hulle stop. Juis daarom maak ons die dorp skoon en hou dit netjies sodat toeriste veilig en tuis sal voel as hulle hier kom besoek aflê,” sê Millicent van den Heever, van die AfriForum Ermelo- en Chrissiesmeer-tak.

Inwoners word versoek om AfriForum se Chrissiesmeer-tak te ondersteun, besoek: www.wordlid.co.za.

Soortgelyke plasings