AfriForum maak Gauteng-Noord se blou-en-groendruppelresultate bekend


AfriForum het gedurende April 2018 verskeie areas in Pretoria en omliggende gebiede se water getoets om die gehalte van drink- (bloudruppelstatus) en rioolwater (groendruppelstatus) te bepaal.

“Ons kon vasstel dat al die gebiede se drinkwater aan die minimum standaarde voldoen en geen skadelike bakterieë bevat nie. AfriForum sal die watergehalte deurlopend toets, aangesien inwoners ’n grondwetlike reg op skoon drinkwater het,” sê Tiaan Oosthuizen, AfriForum se distrikskoördineerder vir Gauteng-Noord.

Bloudruppelresultate
Dié resultate dui daarop dat die drinkwater wat in Gauteng-Noord getoets is, skoon is:

Tak Munisipaliteit AfriForum-
bloudruppel 2018
Apiesrivier Tshwane Metro Skoon
Bronkhorstspruit Tshwane Metro Skoon
Centurion-Sentraal Tshwane Metro Skoon
Centurion-Suid Tshwane Metro Skoon
Centurion-Wes Tshwane Metro Skoon
Cullinan Tshwane Metro Skoon
Hennopsriviervallei Tshwane Metro Skoon
Kameeldrift Tshwane Metro Skoon
Meyerspark Tshwane Metro Skoon
Moot Tshwane Metro Skoon
Garsfontein Tshwane Metro Skoon
Moreletapark Tshwane Metro Skoon
Waterkloof Tshwane Metro Skoon
Pretoria-Noord Tshwane Metro Skoon
Pretoria-Wes Tshwane Metro Skoon
Rayton Tshwane Metro Skoon
Waverley Tshwane Metro Skoon
Wes-Moot Tshwane Metro Skoon
Zambesi Tshwane Metro Skoon
Tuks-kampus Universiteit van Pretoria Skoon

 
Groendruppelresultate
Volgens AfriForum se groendruppelresultate voldoen die rioolwater wat by ses rioolsuiweringsaanlegte getoets is, nie aan die gestelde mikrobiologiese standaarde nie:
 

Plek Munisipaliteit AfriForum- groendruppel 2018
Apiesrivier (Rooiwal) Tshwane Metro >100 000
Bronkhorstspruit (Godrich) Tshwane Metro >100 000
Centurion-Wes (Sunderlandrif) Tshwane Metro >100 000
Cullinan (Cullinan) Tshwane Metro >10 000
Kameeldrift (Baviaanspoort) Tshwane Metro >100 000
Pretoria-Wes (Daspoort) Tshwane Metro >10 000

 
Die burgerregte-organisasie het sy kommer uitgespreek omdat rioolwater nie aan die gestelde standaarde voldoen nie.

“Ons sal dit verder ondersoek en optree indien nodig. AfriForum is tans spesifiek oor die Rooiwal-rioolsuiweringsaanleg in ’n hofgeding,” sê Lambert de Klerk, AfriForum se streekskoördineerder vir Gauteng.
“AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek is op die stand van dorpe se drinkwater en rioolaanlegte toegespits. Dié projekte fokus nie noodwendig op die toestand van die aanleg self nie, maar wel op die gehalte van water wat ná die proses as eindproduk in die vorm van drinkwater (bloudruppel) en behandelde rioolwater (groendruppel) gelewer word,” sluit De Klerk af.

AfriForum versoek inwoners van Gauteng-Noord om aan dié organisasie die mandaat te gee om die gehalte van water voortdurend te moniteer. SMS “Skoon water” na 45341 en voeg jou steun tot hierdie aksie. Elke SMS kos R1.

Soortgelyke plasings