AfriForum maak vleiland in Moreleta Kloof Natuurreservaat skoon


AfriForum het op 6 Julie 2018 die vleiland in die Moreleta Kloof Natuurreservaat skoongemaak omdat vullis wat deur die spruit afgevoer is in dié vleiland beland het. Toegerus met rubberhandskoene en waterdigte stewels het AfriForum-lede agt vullissakke vol rommel uit die vleiland verwyder.

“AfriForum gaan ook hierdie maand water in die vleiland toets om te verseker dat dit aan wetlike vereistes voldoen,” sê Lambert de Klerk, AfriForum se streekskoördineerder vir Gauteng-Noord.

Vier lede van die AfriForum-internskapprogram het gehelp om die vleiland skoon te maak.

“Gemeenskapslede moet verantwoordelikheid neem vir die bewaring van vleilande, wat ’n belangrike rol speel in die beheer van stormwater, asook as natuurlike opgaardamme dien. Daarom is skoonmaakaksies soos hierdie nodig,” sê Chantelle du Preez, ’n AfriForum-internskapstudent.

Gemeenskapslede kan by AfriForum betrokke raak: SMS “Pretoria” na 45341 (R1) of stuur ’n e-pos na lambert.deklerk@afriforum.co.za.

Soortgelyke plasings