AfriForum se Standerton-tak help om waterlek te herstel


AfriForum se Standerton-tak het op Dinsdag 30 April 2019 ’n waterlek, waar skoon drinkwater in die stormwaterpype afgeloop het, in die Kosmospark-uitbreiding herstel. Die tak het die waterlek geïdentifiseer ná die gemeenskap van Kosmospark gekla het dat hulle al vir twee maande met watertoevoer en swak waterdruk sukkel.

“Water is kosbaar; ons het dit daagliks nodig. Daarom het die Standerton-tak besluit om die gemeenskap by te staan deur die lek op te spoor en te herstel,” sê Pieter Botha, voorsitter van AfriForum se Standerton-tak.

Bronwen Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld, is baie trots op die Standerton-tak se ondersteuning aan die gemeenskap. Hy bedank graag vir Clear Water Plumbing, wat altyd bereid is om die Standerton-gemeenskap te help.

Soortgelyke plasings