|

AfriForum neem sterk standpunt in teen vernietigende Onteieningswetsontwerp in mondelinge aanbieding

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag ’n mondelinge voorlegging wat die Onteieningswetsontwerp [B 23 – 2020] sterk teengestaan het voor die Gautengse Wetgewer se Portefeuljekomitee vir Infrastruktuurontwikkeling en Eiendomsbestuur in Pretoria gelewer.

“Onteiening sonder vergoeding is staatsgoedgekeurde diefstal, immoreel en ’n skending van menseregte. Dit is ’n onmenslike beleid wat gemotiveer word deur ’n kombinasie van korrupte hebsug en wrokkigheid. Die ANC maak gereed om die regte van miljoene te skend en ’n ekonomiese ramp te veroorsaak, alles in die nastrewing van ’n siniese verkiesingsfoefie,” sê Ernst van Zyl, veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum.

“Weens dekades se mislukking deur die regering en wydlopende korrupsie, ervaar Suid-Afrika tans ’n krisis met elektrisiteit, werkloosheid, misdaad en oop grense. Hierdie Onteieningswetsontwerp sal net olie op hierdie vuur wees,” sluit Van Zyl af.

AfriForum het hierdie ekstremistiese wetsontwerp oor verskeie jare by elke geleentheid en in elke formaat teëgestaan. AfriForum gaan weer in Junie aan ’n geleentheid deelneem vir nog mondelinge aanbiedings oor die wetsontwerp:

Datum:            5 Junie 2023

Tyd:                 10:00

Plek:                Mogale City Eeufeessaal, Krugersdorp

  • Klik hier om na AfriForum se mondelinge aanbieding te kyk.

Soortgelyke plasings