|

AfriForum se Benoni-tak leer leerders oor veiligheid

Die AfriForum-tak in Benoni het op 9 Maart 2020 by die 200% Foundation aangesluit om jong meisies van die Actonville-opleidingsentrum, ’n skool vir kinders met spesiale behoeftes, op te lei oor persoonlike higiëne, middelmisbruik en persoonlike veiligheid.

Die Ekurhuleni-gesondheidsdienste het gepraat oor persoonlike higiëne, die Ekurhuleni-metropolisie het die meisies ingelig oor middelmisbruik, terwyl die AfriForum-lede hulle opgelei het oor veiligheidsbewustheid en noodkaartjies aan hulle oorhandig het. Hierdie kaartjies bevat alle relevante noodnommers wat die meisies oral saam met hulle kan dra.

Nadat die aanbiedings afgehandel is, het die span van Bad Boyz/OPPS International ’n paar selfverdedigingstegnieke aan die meisies gedemonstreer.

“AfriForum bly daartoe verbind om aan hierdie plaaslike gemeenskapsprojekte deel te neem en ons wil graag die span van die 200% Foundation gelukwens met die uitstekende werk wat hulle doen,” sê Archie Mouyis, voorsitter van AfriForum se Benoni-tak.

Soortgelyke plasings