|

AfriForum se Bethal-groentetuinprojek lewer 200 kg spinasie

Die AfriForum-tak in Bethal se groentetuinprojek het op 2 Oktober 2023 weer ’n groot oes opgelewer ondanks die droë weerstoestande wat tans in die provinsie heers. Dié groentetuinprojek het ongeveer 200 kg spinasie opgelewer wat na die Silwerjare Tehuis, Palm Oord-aftreeoord, asook die Bethal-sopkombuis, wat behoeftige gesinne ondersteun, versprei is.

Daar is ook nog kool- en wortelaanplantings wat oor die volgende paar maande geoes gaan word.

“Die tak se groentetuinprojek het ’n steunpilaar geword en help die gemeenskap maandeliks in ’n tyd wat die ekonomie baie hard druk. Ons is dankbaar om op hierdie manier te kan help,” sê Ingrid Human, voorsitter van AfriForum se Bethal-tak.

Sluit vandag nog by dié tak aan deur www.wordlid.co.za te besoek.

Soortgelyke plasings