|

AfriForum se Bethal-tak maak Nestlé-driehoek skoon

Die AfriForum-tak in Bethal het op 29 September die driehoek by die Nestlé-brug op dié dorp skoongemaak. Die rotstuin op die driehoek was oortrek met bossies voordat dit skoongemaak is. Dié tak sien reeds vir drie jaar om na die driehoek in Bethal.

Talle inwoners en besoekers aan dié dorp sien daagliks die driehoek omdat dit op een van die hoofroetes deur die dorp geleë is.

“Ons beplan om die tuin binne die volgende paar maande volledig op te knap. Groot hoeveelhede verkeer skop gereeld stof op en dit veroorsaak dat onkruid tussen die rotse groei. Ons beplan om die rotse te verwyder, die seile onder die rotse te inspekteer en weer skoon terug te plaas. Dit behoort die onkruid se groei vir nog twee tot drie jaar te vertraag,” sê Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Laeveld.

Maak vandag nog ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap. Sluit by jou naaste AfriForum-tak aan: SMS “Bethal” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings