|

AFRIFORUM SE BOKSBURG-BUURTWAG ONTVANG OPLEIDING

Lede van AfriForum se Boksburg-buurtwag het op 19 Junie 2021 Vlak 1-noodhulpopleiding ontvang. Die opleiding is deur ’n plaaslike sekuriteitsmaatskappy aan vier van AfriForum se buurtwaglede aangebied. Dit is een van vele opleidingsessies, waarvan nog vir die toekoms beplan word.

Hierdie opleiding is ’n goeie voorbeeld van hoe gemeenskapstrukture besig is om uit te brei en selfstandig te groei. AfriForum poog om soveel moontlik opleiding in gemeenskappe aan te bied of by te woon om elke vrywilliger toe te rus met die nodige kennis om in enige situasie  professioneel en binne die raamwerk van die wet op te tree, om te kan bydra tot ’n veiliger gemeenskap.

“Dit is vir AfriForum van uiterste belang dat buurtwag- en taklede opleiding soos dié bywoon sodat gemeenskappe kan saamwerk en ontwikkel om ’n beter toekoms te bou,” sê Dewet Ungerer, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Rand.

Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-buurtwag betrokke: SMS “Buurtwag” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings