|

AfriForum se Bronkhorstspruit-tak verf voetoorgange

Die AfriForum-tak in Bronkhorstspruit het op 2 September, drie voetoorgange, twee voor Hoërskool Erasmus en een voor Laerskool Du Preez van Wyk oorgeverf. Die tak het self die verf verskaf en sowat 60 liter wit verf is vir die doeleinde gebruik.

Die Bronkhorstspruit-tak is voortdurend op die uitkyk vir geleenthede om die gemeenskap beter by te staan. Hierdie tak weet dit is ’n tree in die regte rigting om sodoende ’n veiliger omgewing vir ons leerders te skep. Dié tak beplan om verskeie groot projekte gedurende die komende jaar van stapel te stuur en wil graag die gemeenskap uitnooi om aan hierdie projekte deel te neem.

“Die AfriForum-tak in Bronkhorstspruit sal aanhou om sy strukture te versterk en om hoop in gemeenskappe te skep deur projekte aan te pak wat ’n daadwerklike verskil in die betrokke area maak,”  sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Noord.

Raak vandag nog by AfriForum se Bronkhorstspruit-tak betrokke en maak ’n verskil in jou gemeenskap: SMS “Bronkhorstspruit” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings