|

AfriForum se Bultfontein-tak reorganiseer

Die AfriForum-tak in Bultfontein het op 23 Januarie 2023 ’n gemeenskapsvergadering gehou waartydens die tak gereorganiseer en nuwe bestuurslede verkies is.

Die nuwe takbestuur is: Nico Foulds (voorsitter), Martin Maartens (ondervoorsitter), Marthie Raymond (tesourier), Marizette Earle (sekretaris), Tony Swanepoel (gemeenskapsveiligheid), Lerika Swanepoel (plaaslikeregeringsake), Charles Raymond (omgewingsake) en Shirea Swanepoel (jeug).

Chris Morgan, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoogland, bedank die gemeenskap vir hul insette tydens die reorganisasie, asook die bestuurslede vir hul bereidwilligheid om op die takbestuur te dien. “Die nuwe bestuur wil graag saam met die gemeenskap werk om volhoubare selfdoenprojekte van stapel te stuur. As die gemeenskap saamstaan en hard werk kan hulle ’n beter omgewing en toekoms vir almal skep.”

Die bestuur versoek die gemeenskap om vandag nog by dié tak betrokke te raak: SMS “Bultfontein” na 45344 (R1).

Soortgelyke plasings