|

AfriForum se Delmas-tak span saam met Delmas Herleef vir ’n beter dorp

Die AfriForum-tak in Delmas, in samewerking met die vrywilligersgroep Delmas Herleef en verskeie borge vanuit die gemeenskap, bring sigbare vernuwing in Delmas. Die afgelope twee weke werk dié twee organisasies hand aan hand om slaggate op te vul en padtekens oor te verf.

Daar word goeie vordering met die opvul van slaggate gemaak. Die Delmas-tak het die teer verskaf, terwyl Delmas Herleef handearbeid en hulp verleen het.

Die span vrywilligers van Delmas Herleef en ander borge het ook voetoorgange, spoedhobbels en stoptekens geverf met padverf wat deur AfriForum geborg is. Daar is veral op die area voor die Laerskool Delmas gefokus.

AfriForum se Delmas-tak bedank graag die lede van die gemeenskap wat daarvoor sorg dat die vrywilligers, veral in die afgelope twee dae se hittegolftoestande, altyd water byderhand het.

“Wanneer ons as gemeenskap handevat, kan ons saam soveel meer doen,” sê Carel Botha, voorsitter van die Delmas-tak.

Sluit vandag aan by AfriForum se Delmas- tak: SMS “Delmas” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings